Woensdag , Junie 19 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Jan Blohm stel nuwe album bekend gevul met liefde, Blues en Rock!

Jan Blohm stel nuwe album bekend gevul met liefde, Blues en Rock!

Jan is weer in die kollig met Die Liefde Album.   Die rebelseun is ouer en mens hoor die lesse van die lewe in sy lirieke.   Dis rou, akoesties en die kitaar sny diep saam met die woorde.  Die stories is gevleg met blues, rock en Jan se unieke digkuns, maar hier gaan als oor die liefde.

Soms maak die liefde seer, ander kere gaan dit beter.  Die Liefde Album is soos om ‘n roman te lees en vertel die verhaal van ‘n man wat weet wie hy nou is en wat vir hom belanrik is.   Jan se toekennings deur die jare is ‘n getuigskrif van sy talent en op die album het hy die sluise oopgemaak.  Dis oorsronklik, net soos hy kan en ‘n moet vir aanhangers, oud en nuut.

Die Liefde Album is nou beskikbaar op Apple Music.   Luister hier:

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Jauni M se debuut-album sal by almal aanklank vind!

Daar is min sangers wat veelsydig genoeg is om ’n impak te hê in verskeie …

Boerepompie deur RICUS NEL ft. SNOTKOP!

Ricus Nel het ‘n baie unieke talent om nuutskeppings en nostalgie tussen twee omslae te …