Thursday , November 26 2020
Cheap domain registration and hosting!

Jako Meyer stel debuut album bekend!

Op Vrydag, 10 April 2020 stel JAKO MEYER sy langverwagte debuut solo album, MIDDERNAG KANTOOR vry. JAKO het beroemdheid verwerf as kunstenaar vir sy rolle in Flip A Coin en Die Wyndigters, asook voorsanger van Die Rottweilers en Moses Metro Man. As akteur is hy bekend vir sy rolle in Bloed Broers, Generations en vandeesmaand, 7de Laan. JAKO het reeds twee enkelsnitte vanaf die album vrygestel, naamlik ‘Dinge Wat Ons Al Vergeet Het’, en sy nuutste offer, ’Lugballon’.

MIDDERNAG KANTOOR is deur Johan Viljoen vervaardig, en vanjaar in Potchefstroom opgeneem. Vandat Moses Metro Man ’n breek geneem het, het JAKO meer tyd op sy hande gehad vir sy solo projek en wou oor meer persoonlike dinge skryf. Van die liedjies stap al twee jaar saam met JAKO, met die meerderheid wat in die laaste twaalf maande geskryf is. Vir sy solo projek, het JAKO saam met verskeie musikante geskryf om sodoende van die geleentheid gebruik te maak om as liedjieskrywer te groei.

“Wanneer dit stil is, die dag op sy rug lê, en my glas vol wyn is, is wanneer die inspirasie by my kom kuier. Hierdie album is geskryf in my ‘Middernag Kantoor’, waar ek oop en eerlik kan ontdek en droom met die nag geluide wat my geselskap hou.”

MIDDERNAG KANTOOR is ‘n liriekgedrewe, sielvolle album met groot kore en melodieë vol betekenis. JAKO beskryf die album as veel rustiger as sy vorige werk. Alhoewel aanhangers drie rock liedjies kan verwag, bevat dit ’n groter verskeidenheid rou en eerlike liedjies wat meer gefokus is op die tentoonstelling van sy stem saam met klavier- of kitaarklanke. Die album bevat ook ’n paar samewerkings met onder andere Deon Meiring (Die Wyndigters), Roux Cloete en Marno van der Merwe.

“Ek het met hierdie album meer geskryf oor dit wat ons voel wanneer ons liefhet. Hoe ouer ek word, hoe meer introspeksie doen ek. Om regtig dieper te delf en daaroor te skryf is nie net medisyne nie, maar verskaf ook nuwe wysheid om die lewe beter te maak.”

MIDDERNAG KANTOOR Liedjie Lys:

  1. Beskerm My
  2. Lugballon
  3. Berge & Rooi Ligte
  4. Daar Wil Ek Wees ft. Deon Meiring (Die Wyndigters)
  5. Dinge Wat Ons Al Vergeet Het
  6. Ingelein
  7. In Die Stilte ft. Roux Cloete
  8. Papawer
  9. Epiloog ft. Marno van der Merwe
  10. Terug Na My Toe
  11. Nuwe Jaar
  12. Strandloper

“Ek is baie dankbaar vir hierdie album. Eksterne faktore het veroorsaak dat die album een of twee kere stilgestaan het. Ek is dankbaar dat ek uiteindelik die produk kon deurvoer, en dat mense my op ‘n ander vlak gaan leer ken.”

JAKO MEYER KONTAK:

Facebook

Twitter

Instagram

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Katinka bring haar Sass…. die nuutste Somer-treffer!

Katinka, beter bekend as Katinka Die Kat is reeds bekend as ‘n sosiale media influencer …

Die romantiese kant van Brendan Peyper!

Ons kan almal debateer oor die jaar 2020 wat nou uiteindelik op sy einde staan, …