JAK DE PRIESTER is terug met ‘n splinternuwe album EK REIS NA GISTER en hiermee is sy eerste enkelsnit aangeheg – TOT DIE DOOD ONS SKEI.
Hierdie veelsydige skrywer, sanger & akteur vier hierdie jaar sy 13de jaar in die musiekindustrie nadat hy ATKV Crescendo in 2003 gewen het.
Jak word ook genoem die ‘Brooklyn Poet’ omdat sy lirieke bekende landmerke bevat soos die ‘Groenkloof Spar’ en die ‘Brooklyn Mall’.
Jak is bekend vir sy lirieke van sy musiek omrede dit gaan oor gebeurtenisse waarmee meeste mense hulself mee kan vereenselwig.