Dinsdag , Oktober 16 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Jack Parow se Cooler as Ekke klap 3 miljoen kyke!
Fotograaf: Paul Ward

Jack Parow se Cooler as Ekke klap 3 miljoen kyke!

JACK PAROW het die ‘verfris’ knoppie in 2009 gedruk en die musiek wêreld ‘n skop in die broek gegee met die vrystelling van sy Cooler as Ekke treffer enkelsnit en musiekvideo. Hy het nuwe lewe geblaas in ‘n musiektoneel waar almal gedink het hulle het al alles gesien en hy het geen gyselaars geneem nie.

Fotograaf: Paul Ward
Fotograaf: Paul Ward

‘n Bietjie meer as tien jaar gelede het Jack Parow nog gerap vir ‘n burger en ‘n bier. Die man het vêr gekom sedert daardie tye. Intussen het hy Platinum en Goue albums uitgegee, die wêreld vol getoer, die verhoog oopgemaak vir Snoop Lion en Eminem, saam met die manne van Top Gear uitgehang, in ‘n fliek (Babalas) gespeel, die eerste Afrikaanse Nommer 1 liedjie (Hos Tokolosh met Gazelle) op 5FM se Top 40 treffers parade gehad, sy eie strokiesprent uitgegee en omtrent nog ‘n duisend ander cool dinge gedoen.
Parow se musiekvideo vir Cooler as Ekke, is vandag oor die 3 miljoen keer gekyk op YouTube. Dit blyk die mees gekykte Afrikaanse musiekvideo op YouTube te wees.

“COOLER AS EKKE het sopas 3 MILJOEN op YOUTUBES geklap!! Mees gekykte AFRIKAANS video in geskiedenis!! Julle mense is so fkn cool man… Regtig… Dankie vir al die liefde. Julle ouens is next-level!!” Jack Parow

Parow is nie een vir lui wegsteek nie. Volgende gaan hy ‘n enkelsnit in Julie vrystel wat mense se hare gaan wegblaas, hy gaan ‘n plaat weergawe van sy debuut album vrystel en gaan weereens Europa besoek.

In September gaan Parow se memoir, Die Ou met die Snor by die Bar, die lig sien en sy chommie, Dirt Nasty van Amerika, gaan saam met hom op toer in Suid-Afrika. Hulle het die liedjie, F*k F*kkity F*k, saam gemaak. Hierdie liedjie is beskikbaar op Parow se Nag van die Lang Pette album.

Parow maak binnekort sy aanlyn winkel oop. Meer inligting sal later daaroor uitgereik word.

Parow Partytjies:

Datum: 6 June 2015
Program: JACK PAROW – Gevolg deur THE HOUSE OF CHURCH – SEMINAL LEFT FIELD DJ
Plek: The Dutch
Adres: Corner of Chart-well and light house road
Kontak: Gary- 0834554377 -| Rob- 07991483 | Tamarin – 0605467836
Deure maak oop: 18h30 |Optrede: 91h00
Kaartjies: R250.00 ( 100 TICKET LIMIT)
Kaartjie verkope slegs deur The Dutch – Kontak Tamarin 0605467836 | 031 561 6969 of Gary – 0834554377.

Datum: 7 June 2015
Plek: Open Strings
Adres: 6 Jameson Terrace 3610, Kloof
Kontak: Rod – 031 709 1242 |rodnichols@telkomsa.net
Optrede: 15h30
Kaartjies: R200

Datum: 19 June 2015
Plek: Café Roux
Adres: Noordhoek Farm Village, 270 Chapmans Peak Drive, Noordhoek
Kontak: Lindi Green (Aandete vanaf 7pm)
Optrede 8:30pm
Kaartjies: R140 – www.caferouxsessionsco.za or email bookings@caferoux.co.za

Datum: 25 June 2015
Program: Jack Parow (Akoesties)
Plek: Parkers Silverstar Casino
Adres: R28, Muldersdrift, Mogale City, Krugersdorp
Kontak: 0764024507
Optrede time: 20h00
Kaartjies: R120 p.p
Koop kaartjies by: http://bit.ly/1ETFOFf

Datum: 26 June 2015
Plek: Presley’s Boksburg
Adres: Gibb Rd, Boksburg
Kontak: 011-826 19898
Kaartjies is beskikbaar by die deur: R100 pp (Kontantkroeg) | R190 pp (Gratis kroeg)

Datum: 27 June 2015
Plek: Presley’s, Pretoria
Adres: Ernies Place
Kontak: 012-807 0690
Kaartjies is beskikbaar by die deur: R100 pp (Kontantkroeg) | R190 pp (Gratis kroeg)

Datum: 28 June 2015
Program: Jack Parow & Francois Van Coke
Plek: Park Acoustics
Adres: Voortrekker Monument Natuur reservaat
Kaartjies: http://www.parkacoustics.co.za/tickets/ R100 Web | R120 Hek | Gratis vir kinders onder 6 | R10 per voertuig.

SKAKELS:
Webwerf: jackparow.co.za
Twitter: @JackParow
Facebook: facebook.com/jack.parow
Instagram: Instagram.com/jackparow
iTunes: Nag Van Die Lang Pette
Music Videos: youtube.com/JackParow

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Valeska Muller stel nuwe pop-danssnit vry!

Valeska Muller is een van daardie kunstenaars wat jou laat stilstaan wanneer jy haar vir die …

‘n Nuwe enkelsnit en album vir Afrikaanse musieklegende!

Met musiekstyle en –tendense wat konstant verander, vat dit ’n merkwaardige musikant om relevant te …

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.