Dinsdag , November 19 2019
Home / Music / Jack Parow bied aan: ‘n Geanimeerde musiekvideo

Jack Parow bied aan: ‘n Geanimeerde musiekvideo

In Januarie vanjaar, het JACK PAROW sy kortspeler, From Parow with Love, vrygestel. Hierdie EP bevat samewerkings met vriende wat hy gemaak het tydens sy reise na België en Holland. Dit bevat ook ‘n tikkie Suid-Afrikaanse geur in die vorm van Zolani Mahola van Freshlyground op die liedjie vir die 2016 SAMA genomineerde musiekvideo, Army of One.

Die eerste musiekvideo vanaf From Parow with Love was Kattenkwaad met De Kraaien. Nou is Parow gereed om sy geanimeerde musiekvideo vir Thunderbolts & Lightning met Simon van die Hollandse futuristiese funk groep, De Likt, los te laat.

Thunderbolts & Lightning is regtig mal. Johhny de Ridder (Soft Light City, Fokofpolisiekar) het die song gemaak en hy het so ‘n goeie job daarvan gemaak. Simon van De Likt is op hierdie song saam met met my en hy is uitstekend hierop. Ek is regtig mal hieroor,” het Parow oor Thunderbolts & Lightning te sê.

Kyk Thunderbolts & Lightning hier:

KREDIETE:

Kunsregisseur: Malan De Kock and Keenan Gaybba

Hoof animeerder: Malan De Kock

Skoonmaak animeerder: Keegan Thornhill

Agtergronde: Keenan Gaybba

VOLGENDE:

Kyk uit vir Jack Parow en die Belgiese groep, Ertebrekers, se musiekvideo vir Party Too Much wat later in Mei bekendgestel sal word. Dit belowe om sakke vol pret te wees!

JACK PAROW op die verhoog:

Jack Parow het die verhoë in United Emirates, Engeland, Nederland en België syne gemaak met sy uiters gewilde vertonings tydens sy toer van drie weke wat einde Maart 2016 begin het.

Jack Parow Winter Toer:

Datum: 28 Mei 2016

Plek: Jägermeister Presents: Jack Parow LIVE @ Brass Bell

Adres: Main Road, Kalk Bay

Kontak: 072 826 6464 | 021 788 5455

Performance time: 21h00

Kaartjies: R150 p.p.

 

Datum: 3 Junie 2016

Plek: Jägermeister Presents: Jack Parow LIVE @ Café Roux Sessions

Adres: The Farm Village, 270 Chapman’s Peak Drive Noordhoek

Kontak: 021 789 2538

Doors open: 18h30

Performance time: 20h30

Kaartjies: R150 p.p.

Bespreek by: www.caferouxsessions.co.za

 

Datum: 4 Junie 2016

Plek: Jägermeister Presents: Jack Parow LIVE @ Crown Bar

Adres: 445 Main Street, Paarl

Kontak: Heinrich 0836581622

Optrede tyd: 22h15

Kaartjies: R60 voorverkope, R70 by die deur

 

Datum: 10 Junie 2016

Plek: Jägermeister Presents: Jack Parow LIVE @ Assembly

Adres:  Harringtonstraat 61, Kaapstad

Kontak: 021 465 7286

Optrede tyd: 23h00

Kaartjies:

R60 early bird (net 100 kaartjies)

R80 voorverkope

R100 by die deur

www.WebKaartjies.co.za/assembly

 

Datum: 11 Junie 2016

Plek: Jägermeister Presents: Jack Parow LIVE @ Aandklas

Adres: 43A Birdstraat, Stellenbosch

Kontak: 021 883 3545

Optrede tyd: 23h00

Kaartjies: R50 by die deur

SKAKELS – Jack Parow:

Webwerf: jackparow.co.za

Twitter: @JackParow

Facebook

Instagram

iTunes: Nag Van Die Lang Pette

Music Videos

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Apple Music for artist is here! (BETA)

Apple Music for Artists is coming out of BETA and is available for every artist …

Louise Carver and Ross Learmonth at Stanford Hills Estate on 3 January 2020

Louise Carver and Ross Learmonth will be performing at Stanford Hills Estate on January 3rd. …