Donderdag , Oktober 17 2019
Home / Afrikaanse Onderhoude / Izel Bezuidenhout gesels met my oor die nuwe fliek Agent 2000

Izel Bezuidenhout gesels met my oor die nuwe fliek Agent 2000

Izél (15) is gebore op 25 November 1998 en is tans in Graad 10 in Hoërskool Eldoraigne. Op skool blink sy veral uit in redenaars. Izél het op vierjarige ouderdom begin met drama- en ballet-opleiding; en het ses jaar se ondervindng in moderne dans en het van kleins-af ‘n groot passie vir die verhoog.

In 2012 het sy ‘n ‘somerskool’ by die Royal Academy of Dance in Londen bygewoon. Izél het in 2007 ‘n dramakursus by Brümilda van Rensburg voltooi, asook ‘n kursus in 2013 in filmwerk wat deur die akteurs Lelia Etsebeth en Jacques Bessenger aangebied word.

Haar professionele toneelspelloopbaan het in 2009 begin toe sy as 10-jarige ‘n hoofrol in die teaterproduksie Balkie vertolk het wat by die Innibos Kunstefees, Volksblad Kunstefees en die Pierneef Teater opgevoer is. In 2012 het sy ook ‘n hoofrol gehad in SMS: Babakoors! wat in die Atterbury Teater in Pretoria en die Vryfees in Bloemfontein op die planke gebring is.

In Agent 2000 is Izél se eerste rol in ‘n film.

Die geleentheid is vir haar ‘n ongelooflike ervaring en gevolglik is toneelspel nou nog ‘n groter passie en droom vir die toekoms.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Protesteer vir Afrikaans

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het vandag gesê dat hy eersdaags, op Dinsdag 28 …

Afrikaans.com se muurprojek by skole inspireer !

Afrikaans is die taal van al sy sprekers. Tog het nie almal in alle gemeenskappe …