Woensdag , Oktober 16 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Irene-Louise van Wyk stel haar nuutste enkelsnit vry!

Irene-Louise van Wyk stel haar nuutste enkelsnit vry!

Musiek en kreatiwiteit bruis in Irene-Louise van Wyk se are. Dié 23-jarige sangeres en liedjieskrywer het as ‘t ware voor Suid-Afrikaanse én internasionale sterre grootgeword, gekyk, geluister en mettertyd haar eie styl ontwikkel en haar talent vervolmaak om haar droom te verwesentlik en met die wêreld te deel.

Sy is die dogter van Louis van Wyk, die bekende kunstenaarbestuurder en eienaar van Music Profile Management, en wyle Irene van Wyk,’n sangeres wat gehore bekoor en kritici gaande gehad het. Irene-Louise het kleintyd saam met Irene deur die land gereis en selfs hier en daar saam met haar ma ’n liedjie of twee gesing. Die twee het ’n hegte verhouding gehad – soos twee beste vriendinne. Toe Irene in 2009 in ‘n motorongeluk gesterf het, het Irene-Louise se wêreld in duie gestort, maar sy het krag uit haar ma se nalatenskap geput en was vasbeslote om in Irene se geliefde voetspore te volg.

As ’n huldeblyk aan haar ma het Irene-Louise haar eerste enkelsnit, “So Unreal”, geskryf en op Youtube uitgereik. Nianell het die lied getoonset en sommige van die verse saam met haar gesing. Die eindresultaat is ’n hoendervleismooi duet – gevoelvol oorgedra met die suiwerste van stemme.

Lugabllon.Dié lied is nou saam met vier ander op Irene-Louise se kortspeelalbum te hoor. Die album bevat die titelsnit, “Meer as Woorde “{Wat reeds baie sukses bereik het en op talle radio stasies gehoor kan word };”Wie is die Vrou{in jou arms vanaand?}”Lugballon [Nuutste vrystelling vir radio} en die positiewe lied “A life that’s good”). Die album word met ‘n bonus verpak: opwindende musiekvideoweergawes van Meer as Woorde en Lugballon.

Deur die jare het Irene-Louise verskeie internasionale bestemmings besoek – Miami, New York, Las Vegas, Rusland,Oostenryk om n paar te noem– en die geleentheid gehad om internasionele sterre te sien optree.Sy het uit kreatiewe invloede geput om haarself eiesoortig in die musiekbedryf te anker.

Die album is die toonvenster van Irene-Louise se kreatiwiteit, unieke stemkleur en vertolkingsvernuf. Sy beskik oor die volle pakket – skoonheid en stem en talent én vaardigheid – om welslae in die musiekbedryf te behaal.Moeilik om te glo dat Irene Louise Van Wyk nou maar eers begin as na die sukses gekyk word wat sy reeds behaal het ! Nog BAIE oppad…

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Douvoordag sing oor geloof, vergifnis en aanvaarding in nuwe enkelsnit!

Die gewilde duo, Douvoordag (Jattie & Ilse de Beer), sing oor geloof, vergifnis en aanvaarding in hulle …

Nuwe enkelsnit Die Heelal met Janie Bay en Early B pas uitgereik!

Die gewilde sangeres Janie Bay het pas haar tweede enkelsnit in 2019 uitgereik. “Die Heelal”, …

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.