Vrydag , Julie 20 2018
Home / Movies / Internasionale lokettreffer hierdie naweek in plaaslike bioskope!

Internasionale lokettreffer hierdie naweek in plaaslike bioskope!

“Ek was skepties daaroor of ’n rolprent wat op ’n liedjie gebaseer is kan werk – al is die liedjie hoe goed. Maar ek moet erken dat ek verkeerd was. I CAN ONLY IMAGINE is soveel meer as wat ek ooit verwag het,” sê Adam R. Holz van Pluggedin.com oor hierdie besonderse rolprent oor die ware verhaal agter die Christelike rockgroep, MercyMe, se treffer met dieselfde naam.

Sedert die fliek in Maart 2018 oorsee vrygestel is, het dit net soveel opslae gemaak soos die multi-platinumbekroonde enkelsnit. Dit het reeds sowat $81 000 000 ($17 108 914 tydens die openingsnaweek) by die Amerikaanse loket verdien en van hierdie naweek af, kry Suid-Afrikaners ook die geleentheid om hierdie treffende verwerking op die plaaslike silwerdoek te geniet.

I Can Only Imagine is in 2001 vrygestel. Die idee vir die liedjie is deur voorsanger, Bart Millard, se lewe geïnspireer en is geskryf jare nadat hy sy eie gewelddadige kinderlewe moes verwerk. Dit het onmiddellik aanklank gevind by gehore van alle ouderdomme, was ’n kitstreffer en het Dove-toekennings ontvang vir Liedjieskrywer van die Jaar en Liedjie van die Jaar en is die enigste gospelliedjie wat nog ooit dubbel-platinumstatus bereik het. “Ons was besig om ’n onafhanklike album op te neem en het ’n liedjie gekort. Ek het letterlik deur my joernaal geblaai, opsoek na ’n skoon bladsy, maar daar was letterlik oral ‘I Can Only Imagine’ geskryf,” deel Bart. “Ek het dit as ’n teken gesien en die lirieke op die bus geskryf een aand. Dit het sowat vyf minute gevat, maar dit was al vir baie lank in my hart.”

Kyk die liedjie:

I CAN ONLY IMAGINE, ’n film deur die regisseurs van Mom’s Night Out en Woodlawn, Jon en Andrew Erwin (Erwin Brothers), en vervaardiger Kevin Downes (Courageous), vertel die storie van ’n jong seun in Texas wat emosioneel en fisies deur sy pa (Dennis Quaid) mishandel en deur sy ma verlaat word. Die mishandeling begin nadat sy pa ’n breinbesering opdoen as gevolg van ’n ongeluk by die werk en beheer oor sy emosies verloor. Hy word ’n ‘monster’ wat nie sy woede en teleurstelling in die lewe kan beteul nie en sy seun van hom af wegstoot. Deur God se genade kry Bart (John Michael Finley) en sy pa dit reg om hulle verhouding te red en ervaar hy eerstehands hoe kragtig geloof en verandering kan wees.

Broadway-ster, John Michael Finley’s (Les Misérables, Sweeney Todd), maak sy debuut as rolprentakteur in die hoofrol van Bart Millard in hierdie emosionele fliek en beïndruk met beide sy sang en toneelspel. Bekroonde akteur, Dennis Quaid (The Right Stuff, Breaking Away, The Parent Trap, Far From Heaven) speel Arthur, Bart se pa, wie se drome verpletter is en wat sy seun teen soortgelyke teleurstellings wil beskerm, al beteken dit dat hy dan geen drome oorhet nie. Die fliek sluit verder ook puik vertonings in deur die model en televisiester, Madeline Carroll, as Millard se vrou Shannon, asook Golden Globe-wenner, Cloris Leachman (A Brand New Life, Malcolm in the Middle), in die rol van Memaw.

I CAN ONLY IMAGINE is ’n aangrypende verhaal oor hoop en die krag van vergifnis en is ’n pragtige voorbeeld van hoe niemand ooit te ver van God se liefde – of die ewige tuiste in die Hemel – is nie. Hierdie inspirerende rolprent word deur Ster-Kinekor Entertainment versprei en sal vanaf 11 Mei 2018 in Suid-Afrikaanse bioskope te sien wees.

Kyk die lokprent hier:

WAAR DIE FLIEK GAAN WYS:

STER-KINEKOR

KAAP: Tygervalley, Cape Gate, Blueroute, Somerset Mall en Garden Route Mall

KZN: Gateway

GAUTENG: Mall Of Africa, Cradlestone, Matlosana, Brooklyn Commercial, Kolonnade, Irene, Cresta, Mall Of Carnival en Eastgate

NU METRO

Canal Walk, Cornubia, Hyde Park, Menlyn Park, Pavilion, Westgate, Woodlands en Welkom

ONAFHANKLIKE BIOSKOPE

Epic Mall@Reds, Epic Northridge, Maxi Cineplex, Midlands Cine, Movies@Emnotweni, Movies@Monte, NC Game City en Sincoast Cine

SOSIALEMEDIA

Vir meer inligting oor I CAN ONLY IMAGINE, insluitend die amptelike lokprent, hou Ster-Kinekor se Facebook-blad dop of volg hulle op Twitter by @SterEnt.

Hutsmerke: Gesels saam en gebruik #ICOISA en #ICanOnlyImagine.

INTERNASIONALE SKAKELS

Facebook

Instagram: @icanonlyimaginemovie

Twitter: @icanonlyimaginefilm

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Frankenstein se skrywer kry lewe op die grootskerm!

Sy sal vir altyd onthou word as die skrywer wat Frankenstein aan die wêreld gegee …

Opwindende aksie-riller met Jodie Foster oppad!

Seergekry tydens ’n roof, gehawend na ’n bankroof, of geskiet toe jy ’n duister daad …