Donderdag , Oktober 17 2019
Home / Afrikaanse flieks en Teater / Inskrywings open binnekort vir Maak My Famous 2!

Inskrywings open binnekort vir Maak My Famous 2!

Die werklikheids-TV-program Maak My Famous het kykers vroeër vanjaar met ongelooflike talent van dwarsoor Suid-Afrika verstom. Van komediante en dansgroepe tot kletsrymers en sangers – die land het behoorlik gegons oor dié gewilde program.

En nou word ’n tweede seisoen van Maak My Famous in 2020 uitgesaai! Die sterre van die toekoms kan inskryf vir Maak My Famous 2 vanaf 1 Oktober 2019. 

“Dit is oorweldigend om te hoor daar gaan ’n tweede seisoen wees,” sê Emo Adams, aanbieder en medeskepper van die reeks. “Dit beteken die mense het aanklank gevind by die eerste seisoen en dat hulle die hart van die show raakgesien het. Ons is dus op die regte pad.”

Die eerste seisoen was ’n reuse-sukses. Kykers het saamgelag en saamgehuil. Nuwe talent is ontdek en het die eerste groot treë in die rigting van suksesvolle loopbane gegee.

Waarna word daar hierdie keer gesoek? 

“Ons soek meer van alles: meer sangers, meer dansers, akteurs, komediante, buiksprekers. Álles. Ja, ons soek mense uit die stede, maar ons soek die mense in die klein dorpies ook – die verborge skatte,” sê Emo. 

Cheswyn Ruiters was die wenner van die eerste reeks en Bernice West die naaswenner. Die toptien-finaliste het op 14 September hul groot vuurdoop gehad voor ’n uitverkoopte Grand Arena by die GrandWest Casino in Kaapstad. Dis hier waar Emo die aankondiging van ’n tweede seisoen gemaak het. 

Maak My Famous is ’n platform vir almal en ons wil seker maak ons gee elkeen ’n kans om vyf minute en dalk baie, baie meer van fame te kry,” sê Emo. 

Inskrywings open Dinsdag 1 Oktober 2019 en sluit Donderdag 31 Oktober 2019. So kry solank jou oudisievideo gereed en hou kykNET.tv dop vir nuus oor hoe om in te skryf.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Deel XV van die WAT is beskikbaar en die Aanlyn WAT is bygewerk en verbeter

Deel XV strek alfabeties van SKOOL tot by SRI LANKAANS en op ‘n enkele bladsy …

Tydelik Terminaal is kykNET se nuwe ligte drama

Tydelik Terminaal is ‘n 13-episode ligte dramareeks wat handel oor hoe ‘n twee-en-twintig jarige honneursstudent, …