Wednesday , March 3 2021

Iets oud, iets nuuts van die Campbells

Die Campbells is al jare bekend vir hulle optredes en opnames van country-musiek. Hierdie legendariese duo het tot op hede meer as 700 000 eenhede in Suid-Afrika verkoop. Hulle jongste “Homegrown Country” album is ‘n dubbel CD wat bestaan uit 30 van die grootste country-musiektreffers en sal top vermaak aan hulle ondersteuners verskaf… oud en nuut!Die Campbells - Homegrown Country

Van die ultra moderne treffers soos: “Honey I’m Good”, “Wagon Wheel” en “Compass” tot die immergroen treffers soos: “Boot Scootin’ Boogie” en “Footloose” – is alles in ‘n vars nuwe styl opgeneem.

Daar wag ‘n aangename verrassing, want daar is twee splinternuwe liedjies deur Die Campbells: “Burning Up” en “Anything You Wanna Do”. Albei liedjies wys Die Campbells se musikaliteit en sal verseker skares op hulle voete kry en motorbestuurders se vingers op hulle stuurwiel laat tik met ‘n maklike, vrolike melodie in ‘n moderne styl.

Aangesien die feesseisoen oppad is, het Die Campbells ook twee bonus liedjies ingesluit: “Jingle Bells” en “Merry Christmas Everyone”.

Die album is vir oud en jonk om te geniet. Die liedjiekeuse is fantasties en die produksie is van ‘n internasionale standaard. Die klank is steeds kenmerkend Campbells en Suid-Afrikaners sal eenvoudig mal wees  hieroor!

Kyk uit vir “Homegrown Country”. Die album sal vanaf 14 Oktober in winkels beskikbaar wees en binnekort ook op iTunes!

Die Campbells – Homegrown Country

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Brendan Peyper – Dis alles jy nuwe enkelsnit!

Met meer pret en lighartige liedjies soos “Lekkerder op my Trekker” en “Vasdanslyf ” op …

10 miljoen trefslae vir Boerepompie!

Op 7 April 2020 word die treffer Hardekole (Ricus Nel ft. Refentse, Adam Tas & …