Woensdag , Augustus 15 2018
Home / Movies / Hotel Artemis vanaf hierdie naweek in fliekteaters!

Hotel Artemis vanaf hierdie naweek in fliekteaters!

Die opwindende aksie-riller, HOTEL ARTEMIS, deur eerste keer regisseur, Drew Pearce, tref Suid-Afrikaanse teaters hierdie naweek! 

Die fliek speel af tydens oproere in Los Angeles. Pearce, wie se vorige draaiboek-krediete lokettreffers soosIron Man 3 en Mission: Impossible – Rogue Nation insluit, het ook die draaiboek vir dié, sy eerste oorspronklike fliek, geskryf.

Die meeste van die film neem plaas binne die Hotel Artemis, ’n geheime, hoëtegnologie noodgevalle wat na kriminele omsien, wat dien as ’n oproepende agtergrond vir ’n groep uiterste karakters. Die hospitaal, wat van tegnologies gevorderde toerusting gebruik maak – dink 3D-drukkers en nanotegnologie – om beseerde kriminele te genees, word deur die Nurse (Jodie Foster) bestuur, met die hulp van haar uitsmyter hospitaalordonnans, Everest (Dave Bautista).

Dit is 2028, en dit is ’n besige aand vir die Nurse – te midde van oproere in Los Angeles wat met watervoorsiening te doen het, is haar “hotel” vol bespreek. Terwyl sy met ’n verskeidenheid eienaardige “gaste” te doen kry, wat slegs geken word aan die kamer waarin hulle tuisgaan, word haar reëls (insluitend geen wapens en moenie ander gaste vermoor nie) tot die uiterste beproef.

Gaste by Hotel Artemis sluit in Sterling K. Brown as ’n ongelukkige bankrower met ’n erg-beseerde broer (Brian Tyree Henry), en Charlie Day as ’n irriterende swendelaar, terwyl Sofia Boutella beïndruk as ’n Franse sluipmoordenaar, wat by die hotel opdaag vir werk. Voeg daarby die aankoms van die taaiste bendeleier inLos Angeles, bekend as die Wolf King (Jeff Goldblum), en dinge kan nie anders as nie om interessant te raak.

Met Oscar-wenner Foster se welkome terugkoms na die grootskerm ná vyf jaar (haar eerste rol as aktrise sedert Elysium), kry Pearce iets ongewoons reg vir ’n hoofstroom aksie-riller; HOTEL ARTEMIS is meer karakter-gebaseer as wat dit aksie-georiënteerd is. Foster is boeiend as ’n vrou met ’n duister verlede, terwyl Brown as ’n heroïese figuur oorkom. Die film bring die beste uit die eersteklas ensemble akteurs, en ’n onderstroom van donker humor maak dinge boeiend.

Oor haar rol sê Foster: “Ek is tevrede met my vertolking in die film omdat ek voel dat dit ’n kombinasie is van gegrond en emosioneel is. Daar is tog ook ’n puntigheid. Dit is waarna ek op soek was: die geleentheid om meer van ’n transformasie te ondergaan, om ’n rol te vervul maar tog ook die karakter met emosie te beset.”

Als, van die fotografie tot die stelle, laat dit voel soos ’n Los Angeles-aksiefliek met ’n wetenskapsfiksiekinkel. Die aksie, alhoewel dun gesaai, is intens en kineties. Boonop ontvou HOTEL ARTEMIS soos ’n bobaas misdaadriller, met karaktermotiverings en knope in die verhaal wat in en uit mekaar weef.

Met Hotel Artemis as die laaste toevlug vir wetteloses, en met spanning wat toeneem, sal jy nie kan wag om te sien hoe Pearce alles tot ’n punt bring nie.

HOTEL ARTEMIS word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal landswyd vrygestel word op 3 Augustus 2018.

Lys van teaters:

Independents Pretoria Epic Mall@Reds
Independents Bloemfontein Epic Northridge
Independents Pilansberg Epic Sun City
Independents Johannesburg Killarney Cine Centre
Independents Pietermaritzburg Midlands Cine Centre
Independents Nelspruit Movies@Emnotweni
Independents Johannesburg Movies@Monte
Independents Gaborone NC Masa
Independents Durban Suncoast Cine Centre
Nu Metro Durban NM Ballito
Nu Metro Cape Town NM Canal Walk
Nu Metro Johannesburg NM Clearwater
Nu Metro Umhlanga Rocks NM Cornubia
Nu Metro Durban NM Galleria
Nu Metro Cape Town NM GrandWest
Nu Metro Johannesburg NM Hyde Park
Nu Metro Bloemfontein NM Loch Logan
Nu Metro Pretoria NM Menlyn Park
Nu Metro Durban NM Pavilion
Nu Metro Johannesburg NM The Glen
Nu Metro Cape Town NM V&A Waterfront
Nu Metro Roodepoort NM Westgate
SterKinekor Port Elizabeth Bay West
SterKinekor Cape Town Bayside
SterKinekor Cape Town Blue Route
SterKinekor Richards Bay Boardwalk
SterKinekor Pretoria Centurion
SterKinekor Johannesburg Eastgate
SterKinekor Johannesburg Festival Mall
SterKinekor Durban Gateway Commercial
SterKinekor Johannesburg Mall at Carnival
SterKinekor Durban Musgrave
SterKinekor Cape Town N1 City
SterKinekor Johannesburg Newtown Junction
SterKinekor Johannesburg Northgate
SterKinekor Johannesburg Northmead
SterKinekor Cape Town Promenade
SterKinekor Vereeniging Riversquare
SterKinekor Johannesburg Rosebank The Zone
SterKinekor Rustenburg Rustenburg
SterKinekor Shelly Beach Shelly Beach
SterKinekor Johannesburg Southgate
SterKinekor Pretoria Sterland
SterKinekor Pretoria Wonderpark

INTERNASIONALE SKAKELS
Facebook
Twitter: @hotelartemismov
Instagram: @hotelartemismovie

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Glenn Close is briljant in THE WIFE hierdie vrouemaand!

Volgens die bekende gesegde is daar altyd wonderlike vrou agter elke suksesvolle man. In regisseur, …

Mary Shelley open hierdie naweek in SA teaters!

Sy sal vir altyd onthou word as die skrywer wat Frankenstein aan die wêreld gegee …