Vrydag , April 26 2019
Home / Afrikaanse flieks en Teater / Hotel 3: Kyk wie is terug!

Hotel 3: Kyk wie is terug!

Hulle gaan dalk nie in die geskiedenis afgaan as die beste personeelgroep nie. Dalk ook nie as die flukste of hulpvaardigste nie. Maar dié kleindorpie-personeel van Fransenburg het om ander redes in ons harte ingekruip.

Julle het reg gehoor – Ferdie en kie maak vir ’n derde keer ’n draai in ons sitkamers.

En wie beter om reg aan die aweregse karakters te laat geskied as draaiboekskrywers Bennie Fourie, Stiaan Smith, Ryan Metcalfe en Beer Adriaanse.

Die seisoen het ook heelwat onverwagte kinkels. So, verwag die onverwagse – want soos julle nou al goed weet, loop niks volgens plan in die Fransen Hotel nie.

Kyk Hotel 3, vanaf Januarie 2019 op kykNET DStv-kanaal 144

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Koningin Lear maak skoonskip by Kanna-toekennings

KKNK25 se debuutproduksie Koningin Lear het vanaand (15 April) by ’n spoggeleentheid in Kaapstad agt van die Kanna-pryse …

Griekwastad-moorde binnekort ‘n fliek!

In April 2012 word Suid-Afrika en die wêreld tot stilstand geruk met die skokkende nuus …