Woensdag , Maart 27 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Hooked on Rock – geen rock-versameling volledig daarsonder!

Hooked on Rock – geen rock-versameling volledig daarsonder!

As jy ‘n ware aanhanger van rock is, sal jy weet dat dit meer as net musiek is – dis iets wat deur jou are vloei, iets wat met jou siel praat, iets wat jy in murg en been IS… en jy is in vir ‘n behoorlike bederf met ‘Hooked on rock’ – ‘n dubbel-CD versameling van die grootste rock treffers van die afgelope 5 dekades!

Dié album bied ‘n allemintige 33 treffers wat wêreldwyd opslae gemaak het op musiek-ranglyste. Hiervan is 29 snitte die opnames van die oorspronklike kunstenaars en 4 die vertolkings van top Suid- Afrikaanse stemme.

Met snitte om van te kies en te keur vir feitelik enige rock-smaak, sluit ouer treffers dié soos Bad English se ‘When I see you smile’, Alice Cooper se ‘Poison’, Cheap Trick se ‘The flame’, Boston se ‘More than a feeling’, Meatloaf se ‘Bat out of hell’, Van Morrison se ‘Brown eyed girl’, Bob Dylan se ‘Knocking on Heaven’s door’, Electric Light Orchestra se ‘Rock and roll is king’ en Rick Springfield se ‘Jessie’s girl’ in.

Nuwer generasie rockers soos Daughtry, Avril Lavigne, Bowling for soup, Wheatus en Live voeg ekstra skop tot die album toe met gewilde snitte soos ‘Home’, ‘My happy ending’, ‘Almost’, ‘Teenage dirtbag’, ‘The river’ en vele meer.

Dis ‘n bewese feit dat Suid-Afrikaanse talent nie ‘n enkele tree vir groot internasionale name terugstaan nie, en dit blyk duidelik uit vertolkings soos dié deur Nicholis Louw met ‘Purple rain’ van Prince, Dozi met ‘Glory Days’ van Bruce Springsteen, Ray Dylan met ‘All summer long’ van Kid Rock en Heinz Winckler met ‘Needles and pins’ wat in die vroeë sestigerjare deur Jackie DeShannon en ook The Searchers opgeneem is.

Dit alles sorg vir ‘n album wat perfek gestem is in ‘n akkoord tussen oud en nuut, ritmies en rustig, klassiek en modern, harde rock teenoor sagte rock en selfs ‘n tikkie rock and roll – een wat beslis in enige volbloed rock-aanhanger se versameling hoort!

Die album is nou landswyd beskikbaar.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

The list of new Gqom music 2019!

Source: South Africa News If you thought that the best Gqom songs 2018 list was …

Deon Groot vier goeie tye!

Ons lewe in moeilike tye, met soveel probleme en bekommernisse en dis dikwels moeilik om …

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.