Woensdag , November 14 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Hooked on country Volume 2 – ‘n dubbeldosis country-skop!

Hooked on country Volume 2 – ‘n dubbeldosis country-skop!

Wanneer van die grootste country- legendes van alle tye en die beste jong talent op een album saamkuier, kan ‘n mens ‘n baie spesiale en kleurryke klankbaan te wagte wees. Dít is presies die eindproduk met ‘Hooked on country Volume 2’ – ‘n dubbel-cd samestelling van al jou gunsteling country-treffers!

Die album bevat niks minder nie as 36 treffers, wat skatte van lank vervloeë jare, al die pad deur tot by meer onlangse snitte wat op wêreldranglyste opslae gemaak het, insluit – ‘n ronde 2 ure van pure country-genot!Screen Shot 2014-09-15 at 16.12.33

Tradisionele country-klanke van dromme, klavier, viool en akoestiese-, elektriese-, bas- en pedaal staal kitaar vermeng met harmonieë wat soos fluweel saamvloei – ‘n kombinasie wat jou voete instemmend sal laat saamstamp.

Legendes soos Dolly Parton,Waylon Jennings, Willie Nelson, Jim Reeves, Johnny Cash, John Denver, Kris Kristofferson, Foster & Allen, Martina McBride en selfs Elvis Presley bekoor met snitte soos ‘9 to 5’, ‘Good hearted woman’, ‘I love you because’, ‘Ring of fire’, ‘Take me home, country roads’ en ‘n hele rits ander bekende treffers.

Immergewilde country-Suid-Afrikaners – wat Lance James, Bles Bridges, Clive Bruce, Tommy Oliver, Barbara Ray, Jody Wayne en Carlo Leone insluit – voeg ook hulle stemme tot die resep met ou bekendes soos ‘I have loved you girl’, ‘Love’s not made of steel’ en ‘Mamma’s don’t let your babies grow up to be cowboys’.

Manie Jackson, Die Campbells, Ray Dylan, Andriëtte, Kurt Darren, Patricia Lewis, Gerrie Pretorius en vele ander kunstenaars leen ook hulle talente aan die album om goue oues, sowel as meer onlangse treffers, met oemf en in eg-country styl te laat herleef.
Feitelik als wat ‘n hart wat country klop kan begeer is op hierdie album – van ‘You’, ‘My love’ en ‘My broken souvenirs’, tot ‘My baby loves me’, ‘Let your love flow’, ‘If you’re gonna play in Texas’ en ‘Cotton eye Joe’!

Wees verseker: ‘Hooked on country Volume 2’ is ‘n móét vir enige country versameling en kan tot enige iets – van ‘n lekker kuier, tot ‘n dans of twee, of tien – lei!

Die album is nou landswyd beskikbaar.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

2ndLife stel splinternuwe enkelsnit en musiekvideo bekend!

Hou vas jou hart!  2ndLife het pas ‘n splinternuwe enkelsnit en musiekvideo, WIE EK IS, …

David Fourie se liedjie “Jy soen soos ’n engel” in Nederlands

Wat dink jy van Jaimy se weergawe van David Fourie se liedjie? Deel jou kommentaar …

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.