Wednesday , March 3 2021

Heuning stel nuwe Album, Drome vry!

Vandag sien die amptelike vrystelling van HEUNING se tweede album, DROME. Die eerste treffer van DROME, Skree, is tans op radio te hoor.

DROME is oor ‘n tydperk van twee jaar geskryf en gedurende 2014 en 2015 opgeneem by David Gresham Records se studios. Die album is deur Ziggy Adolph vervaardig. HEUNING beskryf Ziggy as ‘n musikant wat die vermoë het om die klanke wat hul in hul kop hoor, lewe te gee en presies so te laat klink.Heuning_FINAL

Vir DROME het HEUNING ‘n groot aandeel gehad in die liedjieskryf proses. Meeste van die snitte is deur Jeanette (Rootman) self geskryf met inspirasie vanaf haar lewenservaringe. Heuningbekkie is deur Jeanette en Henk (Dercksen) saam geskryf oppad huistoe van ‘n vertoning af. Vaughn Gardiner, Carla Oberholzer en Ziggy het ook hand bygesit met die skryf van snitte. Today, Tomorrow & Always is geskryf deur twee Amerikaanse liedjieskrywers, Clyde Otis en Rob Glick.

“Ons wou ‘n album maak vir ons ondersteuners. Ons het baie van die nuwe liedjies eers by ons vertonings getoets voor ons dit opgeneem het. Ons sing op hierdie album oor positiwiteit – die lewe is wat jy daarvan maak. Daar is natuurlik ook ‘n hele paar liefdesliedjies. Ons voel dit is ‘n inspirerende en eerlike album.” sê Jeanette.

Aanhangers kan uitsien na verskeidenheid op die album. Die album bevat steeds ‘n sterk Country-aanslag, maar hierdie keer met meer ritmiese liedjies. Hul fokus vir die album was om kwaliteit snitte die lig te laat sien; snitte waarvan hul aanhangers sal hou.

“Ons glo geen droom is ooit te groot nie.”

DROME Liedjie Lys:

  1. Drome
  2. Engele My Kom Haal
  3. Ek Wil Met Jou Dans
  4. Skree
  5. Heuningbekkie
  6. Trek My Nader
  7. Kom Ons Vat ‘n Kans
  8. Aanhouer Wen
  9. Een Laaste Soen
  10. Alles In Jou
  11. Hier Vir ‘n Rede
  12. Tonight, Tomorrow & Always

DROME is van vandag af landswyd beskikbaar by musiekhandelaars.

HEUNING Kontak:

Facebook

Twitter

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Brendan Peyper – Dis alles jy nuwe enkelsnit!

Met meer pret en lighartige liedjies soos “Lekkerder op my Trekker” en “Vasdanslyf ” op …

10 miljoen trefslae vir Boerepompie!

Op 7 April 2020 word die treffer Hardekole (Ricus Nel ft. Refentse, Adam Tas & …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.