Vrydag , Julie 20 2018
Home / Afrikaanse flieks en Teater / Het jy al die fliek: Modder en Bloed gaan kyk? Wat dink julle van die fliek?

Het jy al die fliek: Modder en Bloed gaan kyk? Wat dink julle van die fliek?

Die epiese fliek MODDER EN BLOED (BLOOD AND GLORY), deur Dark Matter Studios (Leading Lady) en Collective Dream Films (Platteland, ‘n Man Soos My Pa) het alreeds op 1 April 2016 in teaters landswyd geopen.  Het jy al die fliek gekyk? Wat dink jy van die fliek? Laat jou kommentaar onderaan die artikel.

Resensente landswyd se lof vir die fliek stroom reeds in!Screen Shot 2016-04-04 at 19.43.06

“Modder en Bloed is ʼn nuwe hoofstuk in die Suid-Afrikaanse filmbedryf”. “Uiteindelik is hierdie film wel ʼn epiese goedvoelfliek met ʼn reusagtige hart en ʼn wonderlike storie.” Reney Warrington – Litnet

A commanding film that changes the face of the South African Film Industry.” Daniel Dercksen – The Writing Studio.

Modder en Bloed is a new Afrikaans film that goes where few other local films have.” Channel24

Die film, wat ‘n groep Anglo-Boereoorlog gevangens op St. Helena-eiland se ontberings, uithouvermoë en die dapper aanvaarding van ‘n uitdaging uitbeeld, spog met een van die grootste rolverdelings nog in ‘n Suid-Afrikaanse film.

Plaaslike akteurs soos Stian Bam, Altus Theart, Edwin van der Walt, Grant Swanby, Bok van Blerk, Deon Lotz, David Louw, Albert Maritz, Michael Richard, Jacques Bessenger, Albert Pretorius is van die akteurs wat in hierdie epiese film te sien is.

Britse sterre in die rolverdeling sluit in Charlotte Salt (Beowulf/The Tudors), Patrick Connolly (Inferno/Crushed), Nick Cornwall (Blood Loyal/Retribution) en Josh Myers (The Sweeney/Anti-Social).  Modder en Bloed is geskryf deur Sean Else en hy is ook die regisseur.  Die fliek is vervaardig deur Llewelynn Greeff, Henk Pretorius en Sean Else. 

Die film word op 1 April 2016 plaaslik vrygestel en word deur Ster-Kinekor Entertainment versprei.

Amptelike lokprent:

 

Sosiale Media-skakels:

Facebook

Twitter:  @bloodglorymovie

Webtuiste

Instagram:  bloodglorymovie

#ModderEnBloedMovie

#OpgeeNooit

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

STROOMOP inspirasie aanbieding deur Atterbury Teater!

Vrouedag vanjaar gaan behoorlik gevier word! ’n Dubbel-bederf wag op die vroue van Pretoria met …

En, die wenner van kykNET se koekedoortjie is…

Wicus van Deventer is die wenner van kykNET se gewilde Koekedoortjie-werklikheidsreeks! Dié twaalfjarige bakker van …