Hemelbesem aangestel as OnseTV se nuwe kanaalhoof!

60

nseTV, kanaal 462 op die StarSat dekodeerder wie se eerste uitsending op 29 September 2017 afgeskop het verheug om aan te kondig dat Simon Witbooi, of beter bekend as Hemelbesem, pas aangestel is as kanaalhoof vir hierdie kanaal.

Juis omdat Simon ‘n uitstekende verteenwoordiger is van Afrikaanse kuns en kultuur, en hy al diep spore in die musiek-, televisie- en literatuurwêreld getrap het, was dit vir ons duidelik dat hy beslis die beste kandidaat vir hierdie pos is. Bevordering van sy gemeenskappe ten opsigte van kuns, kultuur, geskiedenis, erfenis asook sosiale aspekte lê vir hom baie na aan die hart, en dis wat hierdie vennootskap so spesiaal maak, want dis wat OnseTv graag aan sy kykers wil bied.

OnseTV verwelkom ook die feit dat Simon vir die laaste paar jaar, deur innoverende maniere steeds ‘n enorme taak aanpak en voortsit en wyd bekendstaan as ‘n brugbouer van formaat wat ons taal en sy vele kulture betref. Benewens pryse wat hy al ontvang het oor die jare heen, en uitsonderlike terugvoer vanuit die industrie sowel as literatuur en taal kenners vir als wat hy aanpak, skuif hy steeds grense met wat hy doen. Hierdie is vir OnseTV van kardinale belang – juis om deel te wees tydens hierdie grensverskuiwing wat hy so suksesvol bewerkstellig.

Advertensie"As jy hou van my blog,
GROOT asb stem vir my!" SA Blog Awards Badge

Ons voel trots en opgewonde om te weet dat Simon wat bekend is vir sy brugbouerswerk reeds verskeie toekennigs in verskeie kategorieë verwerf het. Simon tree op as Pasella aanbieder, was te sien as akteur in o.a “Noem my Skollie” en tree op as offisiële ambassadeur vir ATKV Crescendo vir die opheffing van Afrikaans. Hy is ook jaarliks betrokke by W.O.W (Woorde open wêrelde) veldtog in Stellenbosch. Sy musiek loopbaan strek al oor twee dekades. OnseTV is trots om deel te wees van sy ewig groeiende repertoire terwyl hy sy hand aan die ploeg slaan om die braak grond van hierdie demografie vir die wêreld te wys.

Simon sien uit na sy belangrike pos wat by OnseTV beklee sal word en sê:” Ek beskou hierdie as ‘n enorme taak, want ons het nie veel media platform gekry oor die laaste paar dekades nie. Ons het nie kans gekry om in die media te groei nie. Nie psigies, kunstig of kutureel nie. Veral nie in Afrikaans nie, so ons is eintlik agter wat al hierdie goed betref. Hierdie skoene wat my nou gegee is om aan te trek, is nie noodwendig my “size” nie, maar ek sal of in dit in moet groei, of dit in moet breek. Ons moet wys dat dat ons “marketable” is, kunstig is, professioneel is en dat ons al hierdie wonderlike terme kan volstaan wat die kommersiele wiele in die wereld aan die draai hou. Die’s my “attempt”. Ek beskou dit as ‘n eer dat hierdie beker my pad langs gekom het. Kom ons drink saam. Harde werk lê voor.”

OnseTV verwelkom Simon en sy visie met ope arms en saam glo ons dat hierdie ‘n belangrike kanaal vir Suid-Afrika is.

Simon se aanstelling is vanaf Maandag, 6 November 2017 effektief.

SKAKELS:

Webwerf

Facebook

Twitter: @Onse_Televisie

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Advertensie