Woensdag , Desember 12 2018
Home / Music / Helene Fischer bring ‘n unieke Kersfeesalbum om die feesseisoen mee af te skop!

Helene Fischer bring ‘n unieke Kersfeesalbum om die feesseisoen mee af te skop!

Dit is nie vreemd dat ’n Kersliedjie die titelhouer is van die Guinness Book of World Records se gewildste enkelsnitverkoper ooit nie. Daar is iets universeel omtrent Kersfeesmusiek, wat dit regkry om die eindjaarmalligheid tot stilstand bring en mense te herinner waaroor hierdie tyd regtig gaan.

Hierdie jaar, is die liedjie wat die Suid-Afrikaanse Kersfeesgees gaan verkwik, die Duitse ster, Helene Fischer se MERRY CHRISTMAS, wat saam met The Royal Philharmonic-orkes opgeneem is.

Sy word beskou as een van Europa se mees suksesvolle vermaaklikheidsterre – met 112 platinum- en meer as 50 goue toekennings agter haar naam. Die ster het bekendheid verwerf as die schlager-koningin en het begin naam maak nadat haar eerste ateljee-album in 2006 die lig gesien het. Sedertdien, het sy verskeie treffers in Duitsland, Austrië en Switserland opgelewer, tot dat Farbenspiel in 2013 een van die mees suksesvolle albums geword het in Duitse geskiedenis en gelei het tot nog hoogtepunte in haar loopbaan.

Alhoewel Fischer bekend is as ’n popster – wat gereeld skouspelagtige verhoogvertonings doen – sal haar Kersfeesvrystelling, MERRY CHRISTMAS, aanhangers in vervoering hê. Dit is oorspronklik in 2015 uitgereik en het meer as 1.1-miljoen eenhede verkoop binne die eerste vier weke nadat dit vrygestel is. Die album was ook gedurende daardie tyd Universal Music Germany se sesde beste verkoper vir die jaar.

MERRY CHRISTMAS bied een-en-twintig van die bekendste Kersfeesmusiek ter wêreld en gaan nou ook te koop wees in Suid-Afrika. Fischer se stem, gekombineer met The Royal Philharmonic-orkes, en die talent van vervaardiger Alex Christensen, het gelei tot die ontstaan van ’n album met ’n feestelike, sielvolle klank.

Op die album, pak Fischer en The Royal Philharmonic-orkes ’n reeks verskillende style, van opgewekte weergawes van gewilde internasionale Kersliedere tot asemrowende verwerkings van klassieke gunstelinge soos Stillenag, Ave Maria, Little Drummer Boy, en vele meer aan.

Die nuwe CD sluit ongelooflike mooi duette in saam met groot name soos Frank Sinatra (Have Yourself A Merry Little Christmas) en Bing Crosby (White Christmas), asook Ricky Martin (Last Christmas) en Plácido Domingo (What Child Is This). Dit maak hierdie vrystelling nie net ongelooflik emosioneel nie, maar maak dit ook onmoontlik om ’n gunsteling-liedjie te kies.

Oor die ervaring daarvan om hierdie album saam te stel, verklap Helene: “Dit was opwindend om saam met Alex, ’n vervaardiger wat al betrokke was by verskeie Grammy-benoemde produsies, te werk. Alhoewel hulle nie meer met ons is nie, was dit ’n geweldige groot eer om saam met legendes soos Bing Crosby en Frank Sinatra te kon sing.”

Om te verseker dat dié nuwe vrystelling van internasionale gehalte is, het vervaardiger Alex Christensen ’n versameling van die wêreld se gewildste musiek – deur van die mees talentvolste musikante – gekombineer, insluitend die werk van dirigente soos Paul Bateman en Richard Balcombe, asook bekroonde musieksamestellers Cliff Masterson, Chris Walden en Steve Sidwell.

MERRY CHRISTMAS is ’n unieke Kersfeesalbum, wat een-en-twintig Engelse Kersfeestreffers insluit en sal, sonder twyfel, aanklank vind by plaaslike gehore tydens die feesseisoen.

Oor die geleentheid om haar album aan die Suid-Afrikaanse publiek bekend te stel, sê Fischer: “Ek is geseënd met ’n suksesvolle Europese loopbaan en sien uit om my musiek met verskeie nuwe gehore te deel, waarvan Suid-Afrika een is. Ek hoop dat luisteraars die liedjies soveel sal geniet as wat ek dit geniet het om die album saam te stel en dat hulle ’n feestelike Kersfees sal hê.”

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Twitter: @_Helene_Fischer

Instagram: @helenefischer

Webblad

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Rolene Strauss se inspirasie-album is nou beskikbaar!

Voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld – Rolene Strauss – se inspirerende gesels-album, SECRETS TO MY …

More than 50 artists recorded a special version of Clegg’s soulful track – “The Crossing.”

Over 50 prominent artists came together to record a tribute to Johnny Clegg, a true …