Moeg vir dieselfde vervelige ou resepte? Ja? Blaas dan bietjie lewe in die storie en omskep die alledaagse aandete van gebraaide hoender in iets nuuts met hierdie resep van die plattelandse sjef Johan van Schalkwyk wat van alledaagse hoender iets nuuts en opwindends maak, veral wanneer dit met sy drieboontjie- en appelslaai bedien word.
Om jou gaste selfs meer te imponeer, stel ons voor jy kombineer die hoender met Drostdy-Hof Premier Grand Cru, ʼn wyn met ʼn aantreklike geparfumeerde bouquet van sitrus-aromas wat die kruie-agtige geure van die gereg perfek aanvul.
Resep vir geroosterde tiemiehoender met drieboontjie- en appelslaai, bedien met Drostdy-Hof Premier Grand Cru
Bestanddele
4 hoenderborsies met die vel (verkieslik vrylopend)
4 takkies vars tiemie
40g botter
20ml olyfolie
Sout
Swart peper
Slaai
100g groen bone, geblansjeer en afgekoel
100g botterbone, gekook aan die hand van die instruksies op die pakkie, of gebruik die geblikte weergawe, dreineer die boontjies
100g rooi nierboontjies, gekook aan die hand van die instruksies op die pakkie of gebruik die geblikte weergawe, dreineer die boontjies
1 Granny Smith-appel, ontkern en in repies gesny
100g vars raket
50g sprietuie, opgekap
Slaaisous
50ml verjus (of appelsiderasyn)
50ml olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngekap
30ml suurlemoensap, vars uitgedruk
2 eetlepel platblaar-pietersielie, fyngekap
Sout
Peper
Metode
So maak ʼn mens die slaaisous
- Plaas al die bestanddele in ʼn menger en meng tot alles goed verpulp is.
So maak ʼn mens die slaai
- Tuimel al die bestanddele saam in ʼn groot bak.
So berei ʼn mens die hoender voor
- Maak ʼn sakkie in die vel deur jou vinger tussen die vel en die vleis in te druk. Doen dit in die geval van al die borsies.
- Verdeel die botter in vier en plaas ʼn deel in elk van die sakkies tesame met ʼn takkie tiemie.
- Vryf elke hoenderborsie in met olyfolie en sprinkel met sout en peper.
- Rooster die hoenderborsies vir 5 minute aan elke kant oor mediumwarm kole. Herhaal die proses tot die hoender gaar is (dit hang af van die grootte van die vleis, maar behoort nie langer as 15 minute te neem nie – sny een oop om seker te maak dat dit deurgaar is).
- Die hoender kan andersins in ʼn pan op die stoof gaargemaak word. Verwarm ʼn bietjie olyfolie en ʼn klont botter in ʼn pan oor medium hitte.
- Sit twee takkies tiemie in die pan voor jy die hoender byvoeg.
- Braai vir 5 minute aan elke kant en herhaal tot die hoender gaar is.
- Bedek met foelie en laat die hoenderborsies vir 2 minute staan.
- Verwyder die vel en die tiemie en sny die hoender in skywe van sowat 1 cm dik.
- Gooi die slaaisous oor en meng tot al die bestanddele met die sous bedek is.
- Stel die gereg saam deur die hoenderskywe bo-op die slaai te plaas.
- Bedien met ʼn verkilde glas Drostdy-Hof Premier Grand Cru.
Besoek www.drostdyhof.com/za vir meer oor die handelsmerk.
Volg Drostdy-Hof op Facebook (www.facebook.com/DHWines) en Twitter (www.twitter.com/DrostdyHofSA).
Gesels saam deur #RealWineRealMoments te gebruik.