Hartseer nuus vir Ricky Faber en sy vrou Tanya

518

Ricky Faber en sy vrou, Tanya Faber, het gisteroggend (18 April) op hulle afsonderlike sosiale media bekendgemaak dat Tanya, wat alreeds 40 weke swanger was met die paartjie se tweede dogtertjie, en wat die naam Milanè sou heet, verloor het deur ‘n stil geboorte.
Tanya, sou soos verwag was deur die egpaar en hulle Dokter, die week nog geboorte geskenk het.
Tanya is vroeg gister aand na sy begin kla het dat sy sleg voel deur haar man vergesel hospitaal toe, waar die dokters hulle meegedeel het dat Milanè se hart kloppie nog reg is, maar dat haar koppie nog te hoog was vir enige induksie of keiser prosedure, en Tanya daarna huistoe gestuur het.
Om vier uur die oggend het Tanya vir Ricky wakker gemaak, en is hulle terug hospitaal toe waar sy ondersoek was en bevind is dat Milanè se hartjie nie meer klop nie.
‘n Keisersnee is gedoen, waarna beide Ricky en Tanya tyd gegun was om hulle dogtertjie vas te hou en te kon groet.
Die dokter het met diep hartseer hulle meegedeel dat hy nie met sekerheid vir hulle kan inlig wat die werklike oorsaak van die stil geboorte was nie, en dat hy nog nooit so ‘n geval teëgekom het op ‘n 40 weke swangerskap nie.
Familie lede was ter ondersteuning by die paartjie.

Ricky het op sy sosiale media die volgende boodskap geplaas –

My getuienis is al wat ek het en ek weet U plan is groter as my begeertes en verstand.
Milanè pappa het jou lief en sien uit na die dag wat ek jou kan ontmoet daar by God in die hemel.
Lekker speel sonder hartseer en pyn my kind.
Dankie vir al die vriende se oproepe en boodskappe.
Wat se mens vir n ouer wat n kind verloor het ek altyd gewonder oor,ek dink nie da is woorde of genoeg comfort in die wereld om so ‘n leemte te kan vul nie.
Nou het ek net nog meer rede om nader aan U te leef sodat ek weet ek kan eendag saam my klein prinses speel en rond hardloop in die Hemel.
RIV Milanè Faber.
Ons sal jou altyd liefhe.

Tanya het op haar sosiale media die volgende geplaas –

Milané … mamma se hart huil verskriklik vir jou ….Ek wou jou soen, jou voed, jou vashou , jou liefhê …Ek wou jou beskerm ek wou kyk hoe speel jy saam jou sussie … Ek wou ..ek wou … ek wou …..
Mamma sal vir jou sussie Dezi-anne mooi vertel waar is jy nou , haar hartjie gaan seer wees maar ons sal al die liefde op haar uitstort …
Die Here het jou kom haal my meisiekind, hy het jou meer nodig in Sy Koningkryk as wat mamma en pappa jou hier op aarde nodig het …
Jy is pragtig, die mooiste lippies, die mooiste handjies en n bossie swart haartjies ….
Ek sal jou veraltyd onthou en jou lief he ..
Rus sag my Engelkind …
Tot mamma jou weer sien …

Medelye en ondersteuning het van heinde en ver af ingestroom, Ricky vertel dat hy deur elke boodskap en oproep die krag kon aanvoel wat hom en sy vrou albei versterk in die slegte tyd.

Ricky sê by woorde, dit maak nie saak hoe seer hulle nou het nie, hoe hulle verlang en met vrae rondloop nie, dat hulle nooit God sal verlaat nie, dat dit God se keuse was om hulle dogtetjie te neem, en dat hulle berus by sy besluit om nie die aardse deure vir Milanè te open nie, en dat hulle verseker met die wete loop dat hulle eendag weer saam Milanè sal wees voor God se voete.

Ricky noem dat hy sy kitaar gaan neem en vir sy dogtertjie ‘n liedjie gaan skryf ter nagedagtenis aan haar.

Die paartjie wil graag hulle waardering uitspreek aan almal wat ondersteuning bied, oproepe maak en boodskappe stuur.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments