Dinsdag , Oktober 16 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Hanna Boss deel haar derde enkelsnit!

Hanna Boss deel haar derde enkelsnit!

HANNA BOSS se debuut-album, VERF JOUSELF, is gedurende Februarie 2018 uitgereik en die eerste twee enkelsnitte vanaf dié moderne Afrikaanse Popalbum, Verf Jouself en Mekaar Bedoel (met Burgerd Botha), pryk sedertdien op die trefferparades van radiostasies landswyd.

Nou, gedurende die laaste week van Julie 2018, stel Hanna haar derde enkelsnit vanaf hierdie treffende album bekend. DIS NOU VERBY tref radiostasies landswyd op 24 Julie 2018 en gaan verseker in die voetspore van haar vorige treffers volg.

“Ek het hierdie liedjie geskryf terwyl ek werklik gesukkel het in ‘n sekere seisoen van my lewe om aan te beweeg. Deels met die hoop dat die seisoen weer vernuwe sal word. Maar, soos ek ook moes leer dat jy nooit reëndruppels terug kan gooi in die wolke nie, moes ek aanvaar dat die seisoen verby was en ek kon niks van die tyd terugdraai nie. As jy aanhou probeer om op dieselfde plek te bly gaan dit net afbreuk aan jou as persoon doen en jy kan uitmis op so baie ander geleenthede. So kom ‘n mens dan op ‘n tipe van ‘n breekpunt waar jy net braaf moet wees en verklaar DIS NOU VERBY! Dis al hoe die nuwe seisoen sal kan begin”, sê Hanna.

Alhoewel sy maar net ’n paar jaar amptelik in die musiekbedryf doenig is, sing sy al voor gehore vandat sy drie is. Musiek is in haar gene en van haar mooiste herinneringe is gemaak in hulle sitkamer, met haar pa wat orrel en suster wat klavier of trekklavier speel. Sy is ook nie net ’n mooi gesiggie nie en spog met ’n graad in Siviele Ingenieurswese van die Universiteit van Pretoria en was onder die top drie finalejaarpresteerders met haar navorsingsprojek. Opleiding by ’n musiekskool in Nashville, in die VSA, het haar finaal oortuig dat hierdie passie haar loopbaan moet wees.

DIS NOU VERBY is ook op haar debuut-album, VERF JOUSELF, beskikbaar.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Twitter: @Hannabosss

Instagram: @hannaboss

Web

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Valeska Muller stel nuwe pop-danssnit vry!

Valeska Muller is een van daardie kunstenaars wat jou laat stilstaan wanneer jy haar vir die …

‘n Nuwe enkelsnit en album vir Afrikaanse musieklegende!

Met musiekstyle en –tendense wat konstant verander, vat dit ’n merkwaardige musikant om relevant te …