Goeie tye smaak soos Parow Brandy

655

JACK PAROW het brandewyn amper net soveel lief soos kletsrymery en dis geen geheim nie. Hy is so lief vir brandewyn dat hy die liedjie, Ricky Louw, opgeneem het vir sy selfgetitelde debuut-album in 2010. “Ek like my brannas drie vingers sterk en yskoud,” is een van sy sentimente in die liedjie oor brandewyn.

Dit was nog altyd Jack se droom om sy eie brandewyn te laat maak. Sy droom is nou bewaarheid en hy kan nie wag dat jy sy Parow Brandy proe nie.

Die Parow Brandy is ‘n 3-jaar premium handgemaakte brandewyn. Parow wou ‘n gaping in die mark vul en ‘n plaaslik vervaardigde brandewyn lewer met hope geur en ‘n lekker skop – vandaar die term “karate water” op die bottel se etiket.

Hierdie 3-jaar oue brandewyn is van die hoogste kwaliteit en beste smaak.   Die Parow Brandy word in ‘n klein kelder in Montagu gemaak.

Die Parow Brandy sal eksklusief in Checkers winkels landwyd te kry wees vanaf 1 Februarie. Van Maart af sal die brandewyn ook in verskeie ander winkels te kry wees.

Die Parow Brandy is nou ook die offisiële brandewyn by Good Luck Bar in Johannesburg en by alle RocoMamas restaurante landswyd. Die brandewyn sal ook binnekort uitrol na ander kroeë en restaurante.

Kyk uit! Daar is ‘n nuwe album oppad…

Jack Parow is besig om nuwe musiek te skryf en beplan om sy vierde vollengte album in September 2017 uit te reik.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments