Dinsdag , September 25 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Gewilde Tarryn Lamb se album Mal Oor Jou tref die rakke!

Gewilde Tarryn Lamb se album Mal Oor Jou tref die rakke!

Die gewilde Tarryn Lamb het die land gaande oor haar met haar treffer enkelsnit, Mal Oor Jou,
en haar langverwagte album met dieselfde titel is pas uitgereik. Dié veelsydige sangeres is ’n
welkome vars briesie wat die Afrikaanse musiekbedryf getref het.

Mal Oor Jou bevat veertien snitte waarvan die meeste uit die bekroonde liedjieskrywer, Johan
Oberholzer, se pen kom. Dié betekenisvolle lirieke sal aanklank vind by haar volwasse gehoor.

’n Duet saam met die immergewilde Jay du Plessis, Afgrond, en een saam met Kevin Leo, Ed
Sheeran se Perfect, is ingesluit vir verdere luistergenot.

Aanhangers sal van die eerste noot op dié album, tot haar stem wegsterf met die laaste note
van haar vertolking van Laurika Rauch se bekende treffer, Blouberg se Strand, meegevoer
Wees.

Saam met die album se uitreiking is ’n splinternuwe musiekvideo ook reeds beskikbaar vir die
eerste snit op die album, Vier Woorde. Kyk na die musiekvideo hier: http://bit.ly/VierWoorde. Die
musiekvideo vir Mal Oor Jou, wat in Junie vanjaar vrygestel is, neem ook reeds vir bykans twee
maand die nommer 1-posisie in op iTunes.

Met musiek deel van haar wese, het Tarryn se groot deurbraak in die musiekbedryf gebeur as
hoofsanger van die gewilde popgroep, BlackByrd. Gedurende 2013 tot 2017 het die groep sewe
SAMA-nominasies ontvang met agt Top 10 radio-enkelsnitte, waaronder All For Me, From The
Bottom of My Heart en I Love You, I Just Simply Do.

Tarryn het onlangs ook nog Suid-Afrikaners op die kassie vermaak met haar rol as Kim Adams
in die gewilde sepie, Suidooster. Vir dié vertolking het sy ’n gesogte SAFTA-toekenning vir
beste aktrise in ’n ondersteunende rol ontvang. Sy het ook reeds klaar verfilm aan ’n rol in die
biografiese film van die hartverskeurende Ellen Pakkies-verhaal.

Die album Mal Oor Jou is landwyd beskikbaar by musiekwinkels. Vir diegene wat hul albums
aanlyn kry, is dit op iTunes en JOOX beskikbaar.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

[Kyk] Refentse bederf met ‘n nuwe musiekvideo!

Reisiger is die eerste enkelsnit vanaf sy splinternuwe album Liefdegenerasie wat 28 Sep vrystel. Akteurs …

DIE GELOFTE vir die eerste keer in Afrikaans!

Johan Vorster en Christoph Kotzé het kragte saamgesnoer en DIE GELOFTE vir die eerste keer …