Vrydag , Desember 14 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Geraldine Scholtz stel tweede enkelsnit bekend!

Geraldine Scholtz stel tweede enkelsnit bekend!

Geraldine Scholtz het geen bekendstelling meer nodig nie.   Haar eerste enkelsnit, SOMMER, ’n popliedjie uit die pen van Johan Oberholzer, is gedurende Augustus 2017 uitgereik en het vir meer as sewe maande bo-aan die trefferperades van talle radiostasies landswyd gepryk.   Die musiekvideo vir hierdie liedjie was ook vir byna 7 weke op die kykNET Top20 se ranglys en het sy beslis met die intrapslag gewys waarom Suid-Afrikaanse luisteraars en gehore gaande is oor haar!

Hierdie blonde, blou oog talent van die Laeveld het groot drome en gryp elke goeie geleentheid wat haar pad langs kom aan met dankbaarheid.   Geraldine se musiek is baie eerlik en deel sy haar hart met luisteraars. Sy streef daarna om iets vars na die mark te bring, waarna alle ouderdromsgroepe kan luister en geniet.   Haar splinternuwe enkelsnit, MIS, uit die pen van Johan Oberholzer en vervaardig deur Robin Kielly, word hierdie week aan radiostasies landswyd uitgereik.

“Die liedjie gaan oor ’n mens se eerste liefde en die impak daarvan.  Dit gaan oor die eerste ontmoeting met liefde en hoe mooi dit kan wees.   Soms MIS ‘n mens die gevoel van jou eerste liefde, maar soms moet jy val voordat jy werklik kan vlieg.”, sê Geraldine.

Johan Oberholzer sê:  “Na die sukses van SOMMER, het ons almal besef dat ons besig is met ‘n kompeterende kunstenaar en dat die opvolg enkelsnit nog ‘n deel van haar veelsydigheid moet wys.  So is MIS gebore – ‘n sterk ballade oor verlies en eerste liefde wat altyd ‘n blywende impak maak”.

Die deurwinterde en geniale vervaardiger, Robin Kielly praat met lof van Geraldine.  “Dit was vir my heerlik om saam met Geraldine te werk.  Sy is ongelooflik toegewyd om haar beste te gee en het positief gebly ten spyte van al die uitdagende versoeke wat ek aan haar gerig het in die ateljee.  Sy is jonk, maar baie volwasse in haar houding en uitkyk op die lewe en dit is verfrissend!  Ek wens haar net die beste toe!”.

Geraldine is ook hierdie jaar by Innibos te sien met 6 vertonings wat jy SOMMER nie wil MIS nie!

Geraldine glo vas dat musiek ‘n kunswerk is, wat die hart deur middel van die ore raak, en dit is ook wat sy graag met haar liedjies en loopbaan wil bereik.

SOSIALEMEDIASKAKEL

Facebook

Twitter: @geraldineS02

Instagram: @geraldine_scholtz

YouTube

Pinterest

Webblad

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Afrikaans is Groot-kunstenaars staar hul vrese in oë met kalender-fotosessie!

Tydens die fotosessie van die Afrikaans is Groot-verjaarsdagkalender moes sommige van die kunstenaars wat betrokke …

Early B en Jack Parow hou van potte in nuwe musiekvideo!

POTTE, die gewilde en bekroonde kletsrymer van Port Elizabeth, Early B, se nuutste humoristiese treffer …