Maandag , April 22 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Geliefde Suid-Afrikaanse aktrise, Christia Visser betree ook nou die musiekbedryf!

Geliefde Suid-Afrikaanse aktrise, Christia Visser betree ook nou die musiekbedryf!

Christia Visser is ‘n pret-geliefde en passievolle kunstenaar gebore en groot geword het in ‘n klein dorpie, Swellendam in die Wes –Kaap. Met haar baie sterk persoonlikheid, wil sy niks anders uitleef as om mense te entertain nie, van dans, rolspel, sing en skryf. Christia is nie meer ‘n vreemdeling in die filmbedryf nie, waar sy al in nationale en internationale produkies verskyn het soos BBC Noughts and Crosses, the Germin film Superdad, asook Alison, the Alison Botha Hybrid dokumentêr.

Christia het ook dieper spore in die filmbedryf getrap as aktrise in die Afrikaanse film- en televisiebedryf met hoofrolle in films soos Balade vir ‘n Enkeling, Boekklub, Knapsekêrels, Recce en Hollywood In My Huis – waarvoor sy die Silwerskermfees-toekenning ingepalm het vir beste aktrise in 2014. Ander toekennings sluit in beste aktrise by die Durban Internationale Filmfees asook ‘n SAFTA-toekenning in 2016 vir haar rol as “Tess” in die film ook genaamd, “Tess”.

Christia begin nou haar spore in die musiekbedryf trap met haar eerste enkelsnit 17 Shots,  wat beloof om een van die grootste treffers te wees in Afrikaans hierdie jaar. Die liedjie het harde alternatiewe klanke wat haar stem en skryfwerk na vore bring. Die liedjie behels oor uitdagings in ons lewens, jouself te vind en ‘n persoonlike boodskap van hoop waarmee mense hulleself kan vergelyk. Die klank is vars en sal beslis ‘n treffer wees wat Christia ‘n meer geliefde sal maak in ons Suid-Afrikaanse gemeenskap.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Krone 6-konsertreeks spog met Namaqua Wines wat weer aansluit as borg

Die immergewilde Krone-konsertreeks, wat vanjaar vir die sesde agtereenvolgende keer aangebied word, is trots om …

Nuwe Joshua Na Die Reën album – Nommer 1 op iTunes!

Die splinternuwe en derde studio-album getiteld, SOMERAARDE, van die gewilde musikant, Joshua na die Reën, …