Geel jou hart vir liefde!

70

Geel jou hart vir liefde!

Ek, Jak de Priester in samewerking met Die Blou Hond teater en die Caring Daisies begin ‘n opwindende nuwe inisiatief genaamd ‘Geel jou hart vir liefde’. Dit is ‘n reeks van 6 eksklusiewe konserte wat gedurende 12-17 Desember by Die Blou Hond sal plaasvind. Jak de Priester is die kunstenaar en sal ‘n eksklusiewe vertoning hou wat slegs by Die Blou Hond gesien kan word. Hierdie jaar sluit dit in uittreksels oor sy 15 jaar loopbaan met o.a ‘n lied of twee uit sy 2008 De Priester en een Kerkorrel konsert sowel as treffers van hom, komedie, ‘n kerslied of twee en nog meer. Van Kerkorrel van Kersfees, van Sally tot Ek sny dit af. Die doel van hierdie konserte is om ‘n jaarlikse instelling te skep en só sonskyn in die lewe van mense en diere te bring. Dit is ‘n liefdadigheids week… Hierdie jaar is diere ons missie en ons samel dierekos in vir die 100e honde en katte wat oorgelaat is aan die genade van die mensdom.

So, in maand van Desember gaan Die Blou Hond… GEEL! Met ‘n geel kersboom en ‘n geel vertoning. Maar dit beloof om 2017 op die regte wyse af te sluit en almal in die stemming te bring vir die vakansie en vir Kersfees. Natuurlik wil ons dit ‘n jaarlikse instelling maak daarom het ons jou hulp nodig om hierdie inisiatief van die grond af te kry. Daar is 6 aande, 170 stoele per aand… ons wil die publiek uitnooi maar ook besighede om ‘n tafel te bespreek, selfs twee! Daar is geen limiet nie. Ons vra geen ekstra geld nie, slegs ‘n bydrae in die vorm van komberse, blikkies kos en / of ‘n sak kos wat ons onder die geel kersboom gaan plaas.

Verder is dit ‘n buffet ete met nagereg happies vir slegs R330 per kop en so bring ons sonskyn in baie diere se lewens. Volgende jaar wil ons weer só maak daarom vra ek u om die inisiatief te ondersteun, sonder julle is daar niks! Hier is die nommer om ‘n kaartjie, ‘n sitplek of selfs ‘n tafel te bespreek:

012 348 8820
Die Caring Daisies sal die skakel wees om die gelde, kos en enige ander bydraes by die regte plekke uit te bring.

Help ons om die diere te help… Volgende jaar sal ‘Geel jou hart vir liefde’ weer ‘n ander liefdadigheid ondersteun, en die manier help ons, ons bring sonskyn, gee terug en maak ‘n GROOT verskil!

Groete!
Jak de Priester

Die Blou Hond

The Caring Daisies

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments