Die weer is natuurlik waarom dit so lekker is om die feestyd in Suid-Afrika te vier. Ons kan tradisionele warm geregte wat jy eerder in winter wil opdis, vervang met verfrissende disse waaraan jy by die swembad kan smul. Waarom kikker jy die tradisionele middagbraai nie met dié eenvoudige resep van sjef Johan van Schalkwyk op nie? Bedien gebraaide garnale saam met ’n mango-en-avokadoslaai met ’n soet rissie-en-gemmersous, wat volmaak by Drostdy-Hof Extra Light pas. Dié ideale middagetewyn pas puik by ’n ligte somerslaai, en beklemtoon die vars en verfrissende smake wat ons deesdae met ons plaaslike somerfeestelikhede assosieer.
Bestanddele:
Garnale
800 g garnale, dermpies verwyder
20 g botter
20 ml olyfolie
2 knoffelhuisies, fyn gekap
sout
peper
Slaai
1 mango, geskil en in skywe gesny
1 avokado, geskil en in skywe gesny
200 g gemengde slaaiblare (roket, bronslaai, krulslaai)
50 g sprietuie, gesny
50 g vinkelknol, fyn gesny
Sous
100 ml soet rissiesous
50 ml suurlemoensap
30 ml gemmersap (rasper vars gemmer en druk die sap uit)
30 ml olyfolie
30 ml ryswyn (of witwynasyn)
sout
peper
Metode
- Verhit die botter en olyfolie in ’n kastrol en braai dan die knoffel tot deurskynend maar nie bruin nie.
- Geur die vloeistof met sout en peper en plaas eenkant om later as bedruipsous te gebruik.
- Braai die garnale 3 minute lank aan elke kant oor matig warm kole, en bedruip dikwels met die knoffelbotter. Plaas eenkant wanneer gaar.
- Maak die slaaisous deur al die bestanddele in ’n bak te plaas en saam te klop.
- Plaas al die slaaibestanddele in ’n bak, gooi die slaaisous oor en skud om al die blare te bedek.
- Rangskik die garnale bo-op die slaai en bedien met verkilde Drostdy-Hof Extra Light.
Gaan na www.drostdyhof.com/za vir meer oor die handelsmerk.
Volg Drostdy-Hof op Facebook en Twitter.
Praat saam met #RealWineRealMoments