Francois van Rensburg bederf met ‘n splinternuwe lied!

580

Bid Dat God Jou Spaar is Francois van Rensburg se nuutste enkelsnit. Die idee vir die liedjie het ontstaan toe hy en een van sy vriende, Brenden Draper, ‘n paar jaar gelede in ‘n woonstel saam “gejam” het. Terwyl Brenden besig was om op die kitaar te tokkel het Francois spontaan die lirieke begin sing en so is die melodie ook gebore.

Nee, hierdie is nie ‘n gospel liedjie nie, hoewel die titel dalk daardie indruk mag skep… Francois het van die begin af al besluit dat hy die liedjie eendag wil opneem en het toe die tweede versgedeelte in 2017 klaar geskryf. Die baie talentvolle kitaarspeler, sanger en liedjieskrywer, Wouter van de Venter, het die verwerking en produksie vir Bid Dat God Jou Spaar in die Kaap gedoen. Daarna is die stemopname, meng en meester in Pretoria deur die vervaardiger Roelof Bouwer gefinaliseer.

Francois het al in die verlede saam met Wouter en Roelof gewerk aan liedjies soos Sand In Glas, Ou Liefde en Druppel In Die See wat gereeld op radio speel.

Bid Dat God Jou Spaar is ook op iTunes beskikbaar.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments