Donderdag , November 21 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Francois van Coke – nuus oor die tweede album en die Oktober Toer

Francois van Coke – nuus oor die tweede album en die Oktober Toer

Hierdie Is Die Lewe

Op 7 April 2015 het FRANCOIS VAN COKE sy solo loopbaan met mening afgeskop met die bekendstelling van sy self-getitelde debuut album en die vrystelling van Toe vind ek jou met Karen Zoid. Dis nou ‘n jaar en ‘n half later en hierdie musiekvideo is meer as 2 miljoen keer gekyk en Francois is terug in studio om sy tweede album, Hierdie is die Lewe, op te neem.

Sheldon Yoko het hierdie week die album dromme opgeneem by Red Bull Studios in Kaapstad. Volgende week word die res van die instrumente en sang opgeneem en vervaardig deur Johnny de Ridder (Fokofpolisiekar) en Rudolph Willemse (Francois se baskikaarspeler) by Soft Light City in Bellville.

Francois sê dat die opname van hierdie album reeds gladder verloop as met die vorige album. “Ek werk saam met my vaste band, Die Gevaar, op al die snitte. Die lede van die band het ook ‘n groter hand in die skryfproses gehad. Dinge is rustig en ons jaag nie. Ons het genoeg tyd om iets fantasties te maak.”

Die eerste enkelsnit sal Mensdom wees en saam met ‘n musievideo op 10 November 2016 vrygestel word. Die enkelsnit sal op hierdie datum as ‘n ‘kitsbevrediging’ beskikbaar wees op iTunes wanneer die Hierdie is die Lewe album daar vooraf bestel word.

Mensdom, sowel as ‘n ander snit vanaf die album, Klein Prys, sal ook op ‘n 7” plaat vanaf Permanent Record te kry wees op 10 November. Die plaat sal te koop wees by vertonings en via Permanent Record se aanlyn winkel.

Francois se tweede vollengte album sal op 2 Februarie 2017 vrygestel word.

iFani & Francois span saam: Timeline is nou beskikbaar op iTunes!

e-TV se program, Coke Studio, het vir Francois en iFani saamgegooi in ‘n episode wat op Saterdag, 24 September uitgesaai sal word. Hulle het saamgewerk om die vuurwarm liedjie, Timeline, te skryf en op te neem.

Dit was vir Francois ‘n wonderlike ervaring om saam met iFani op Timeline te werk vir Coke Studios. “Ek het dit baie geniet om saam met iFani te werk. Hy is baie talentvolle kunstenaar en ek het heelwat by hom geleer.  Ek het nie onlangs in Engels geskryf nie en dit was ook ‘n verreikende ervaring. Dit was ook lekker om saam met my volle band te werk, vir die eerste keer in studio, met Rudolph Willemse as vervaardiger. Ek dink die tune is ‘n fantastiese collaboration en hoop almal in Suid-Afrika kan dit hoor,” sê Francois.

In aanloop tot hierdie episode, is Timeline nou te kry op iTunes.

‘As jy bekommer gaan jy dood’ Toer

Francois van Coke en Die Gevaar vat die pad in Oktober vir ‘n nasionale toer. Hulle sal op hierdie toer die eerste enkelsnit, Mensdom, vanaf die tweede album opvoer voordat dat dit in November vrygestel word.

7 Oktober 2016fvc_bw_by-hayden-phipps_2016_mr

Plek: Fiddler on the Roof @ De Ark Guesthouse

Facebook

8 Oktober 2016

Plek: Rango’s, Nelspruit

Facebook

11 Oktober 2016

Plek: Café Barcelona

Facebook

12 Oktober 2016

Plek: Mystic Boer, Bloemfontein

Facebook

13 Oktober 2016

Plek: Mystic Boer, Potch

Facebook

14 Oktober 2016

Plek: Arcade Empire, PTA

Facebook

15 Oktober 2016

Plek: Good Luck Bar

Facebook

19 Oktober 2016

Plek: Aandklas Stellenbosch

Facebook

 

22 Oktober 2016

Plek: Olive or Twist

Facebook

Date: 30 October 2016

Plek: Knorhoek Wine Estate

 

SKAKELS:

Webwerf: francoisvancoke.co.za

Twitter: @FrancoisVanCoke

Facebook: francois.vancoke

Instagram: francoisvancoke

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Kyle Grant: Grown-Up Christmas list se musiekvideo is hier!

Die uiters gewilde en talentvolle, Kyle Grant, het onlangs sy enkelsnit, GROWN-UP CHRISTMAS LIST, vrygestel. …

Apple Music for artist is here! (BETA)

Apple Music for Artists is coming out of BETA and is available for every artist …