Francois van Coke meen Die Wêreld is Mal

230

In hierdie mal wêreld, waar daar nét soveel is wat mens kan beheer, is dit net liefde wat ons kan anker, vertroos en bymekaar hou.

Die wêreld is mal, ‘n opregte ballade deur FRANCOIS VAN COKE, beklemtoon hierdie sentiment.

Sedert Francois se tweede solo album, Hierdie is die Lewe, vrygestel is het hierdie liedjie alom groot lof ontvang. Die wêreld is mal is die snit op die album wat die meeste kere afgelaai is sonder enige spesifiek gerigte bemarking.

Hierdie liedjie bring hoop en fokus op die liefde in tye waar dit maklik is om net die negatiewe te sien.

“Rommelstatus, die afgradering van ons kreditgradering, Zuma wat aan mag vasklou, Donald Trump is die president van Amerika, mense wat mekaar dood maak in die naam van geloof, kern dreigemente vanaf Noord-Korea… Die wêreld is mal, maar hopelik kan die mense naaste aan ons ons rasioneel hou,” sê Francois.

Francois, met behulp van Converse, is trots om ‘n musiekvideo aan te bied wat net so mooi en aangrypend soos die liedjie is.

*Aangebied deur Converse*

**Gemaak deur Johannes Pieter Nel**

Uittreksel vanuit die lirieke:

Die wêreld is mal

kompleks en kwesbaar 

mense wat oor mekaar val 

die wêreld is mal 

jy is die uitsondering 

want die wêreld is mal 

SKAKELS:

Webwerf: francoisvancoke.co.za

Twitter: @FrancoisVanCoke

Facebook: francois.vancoke

Instagram: francoisvancoke

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments