Wednesday , March 3 2021

Fokofpolisiekar lewer nog lekker dinge!

Die ontstuitbare FOKOFPOLISIEKAR lewer hierdie jaar sakke vol lekker dinge. Na die suksesvolle bekendstelling van hul tweede boetiekbier, Antibiotika India Pale Ale in Maart, is hulle nog lank nie klaar nie. Die manne gaan Nieu-Seeland toe en stel hul Hemel op die Platteland Amber Ale einde Mei bekend. Die Monoloog in Stereo kortspeler plaat sien in Julie die lig.

Hemel op die Platteland Amber Ale is binnekort in jou yskas…

Untitled

Fokofpolisiekar sal hul derde (in die reeks van vier) boetiekbier op 26 Mei bekendstel. Tesame met die Dagdronk Blonde Ale en Antibiotika India Pale Ale, sal Hemel op die Platteland Amber Ale ook vanaf www.fpkbeer.co.za bestel kan word.

Die Hemel Op Die Platteland Amber Ale is gegeur met Rooibostee wat hierdie bier ‘n unieke en verfrissende smaak gee.

Bierliefhebbers kan ook uitsien na die Skyn(Heilig) Weiss bier wat in September beskikbaar sal wees.

Fokofpolisiekar rock Nieu-Seeland

Vir die eerste keer sedert 2010 sal Fokofpolisiekar weer as ‘n band die land saam verlaat. Die groep neem hul hooggeagte handelsmerk van rock ‘n roll na die Kings Arms Tavern in Auckland op 28 Mei.
Untitled12
Die mooiste ding – Die Monoloog in Stereo plaat

JIP Volksblad het op 23 Mei 2005 Fokofpolisiekar se planne om terug studio toe te gaan om ‘n akoestiese kortspeler op te neem aangekondig.

JIP Volksblad het op 23 Mei 2005 Fokofpolisiekar se planne om terug studio toe te gaan om ‘n akoestiese kortspeler op te neem aangekondig.

‘n Dekade later herdenk Fokofpolisiekar Monoloog in Stereo se uitreiking met die bekendstelling van ‘n beperkte uitgawe plaat van hierdie klassieke kortspeler. Die plaat sal in Julie uitgereik word en beskikbaar wees by Fokofpolisiekar se vertonings en vanaf hul webwerf.
Hemel op die Platteland Toer:

Datum: 3 Junie 2015
Plek: Aandklas
Adres: 43a Birdstraat, Stellenbosch
Kontak: Marcus – 083 3545
Optrede: 23h00

Datum: 5 Junie 2015
Plek: Arcade Empire, Pretoria
Adres: 256 The Highwaystraat, Equestria
Kontak: Rudolf – 082 449 5144
Optrede: 23h00
Kaartjies: R80

Datum: 6 Junie 2015
Plek: Rumours Lounge
Adres: Shop 20 Palm Court, Corneliusstraat, Weltevreden Park
Kontak: Fred – 079 825 7995
Optrede: 22h00
Kaartjies: R80

Datum: 27 Junie 2015
Plek: Jatinga Country Lodge
Adres: Jatinga Country Lodge , Jatingastraat, Plaston , White River
Kontak: Pieter Malan 072 636 2527 | Johan van den Berg 082 585 3929
Deure maak oop: 18:00
Optrede: 21:00
Kaartjies: Golden Circle R 350.00 pp | Normale kaartjies R 150.00 pp
Vertoning, Aandete, B&B R 1990.00 pp (5ster akkommodasie)
Vertoning, Aandete, B&B en retoer vlugte verskaf deur Majestic Airlines vanaf Lanseria Lughawe R 2999.00 pp (5ster akkommodasie)
Kaartjie Verkope: www.jatinga.co.za – Facebook: facebook.com/jatinga.country.lodge – KAARTJIES BESKIKBAAR BY COMPUTICKET – Vir meer inligting skakel gerus Jatinga Country Lodge @ 083 235 3460

SKAKELS:
Webwerf: fokofpolisiekar.co.za
Facebook
Twitter: @fokofband
Instagram: fokofpolisiekar

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Brendan Peyper – Dis alles jy nuwe enkelsnit!

Met meer pret en lighartige liedjies soos “Lekkerder op my Trekker” en “Vasdanslyf ” op …

10 miljoen trefslae vir Boerepompie!

Op 7 April 2020 word die treffer Hardekole (Ricus Nel ft. Refentse, Adam Tas & …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.