Fiela se kind speel by Rustenburg en Heidelberg

245

Lefra Produksies se wegholtreffer van Dalene Matthee se FIELA SE KIND met Shaleen Surtie-Richards in die rol van Fiela sprei haar vlerke en speel ook in Rustenburg)  en Heidelberg).  FIELA SE KIND verkoop tans landwyd uit waar die produksie speel.  Frans Swart, Regisseur en Vervaardiger van FIELA SE KIND sê dit was nog altyd vir Lefra Produksies belangrik om te toer met die produksies.

“Ons motto was nog altyd dat Lefra teater na die mense toe bring.  Juis daarom is ons is so opgewonde dat Rustenburg en Heidelberg ons genooi het om by hulle te kom speel.  Met die moeilike ekonomiese tye kan mense in plattelandse gebiede nie meer bekostig om by teaters uit te kom nie.  So, dit is vir ons werklik lekker om FIELA na die mense toe te bring.  Ek het in die Hoopstad en Wesselsbron distrikte grootgeword (klein plekkies), maar die destydse SUKOVS het ons ‘n paar keer elke jaar besoek met wonderlike teaterproduksies.

Daar het ek my liefde vir die teater ontwikkel.  Kinders het dit nie meer nie en word glad nie op hierdie manier aan lewendige teater blootgestel nie wat ‘n jammerte is.  Ons hoop ons kan so ietsie doen om daardie leemte te vul.  Ouers moet werklik ook moeite doen om die kinders wel na teaterproduksies soos FIELA SE KIND te neem.  FIELA SE KIND is natuurlik ‘n massiewe produksie om mee te toer, maar ons waarborg mense in Rustenburg en Heidelberg presies dieselfde ervaring as in groot teaters.  Mense vergeet vinnig dat ons eintlik maar by die Feeste in kleiner saaltjies optree.”

Vian Singleton (Klein Benjamin) en Phillru van Achterbergh (Volwasse Benjamin) soen hulle verhoogma, Fiela Komoetie (Shaleen Surtie-Richards)
FOTO deur Mlungisi Louw (Volksblad)

FIELA SE KIND speel in Rustenburg by die Hedgehog’s Nest Konferensiesentrum op 12 en 13 September om 20:00 in die aande.  Kaartjies kan bespreek word by 0826637281 of byinfo@hedgehogsnest.co.za Aanlyn kaartjies kan bespreek word bywww.hedgehogsnest.co.za – gaan dan net na die BUY TICKETS afdeling.  Daarna vertrek FIELA Heidelberg toe en speel by die Hoër Volskskool Heidelberg op 14,15,16 September om 20:00 in die aande.  Kaartjies kan bespreek word by Ria Fourie by 0835641589 of per epos by:  ria@volkies.co.za   Skolegroepe kry wonderlike afslag – skakel Monica by (011) 815 3000 of epos aan admin@lefra.com  FIELA SE KIND word aangebied met die vriendelike samewerking van Stuttaford van Lines, RSG en Sounds Good.

Die baie gewilde Shaleen Surtie-Richards is na 30 jaar terug in die rol van FIELA.  “Man, dit was vir my wonderlik om weer in FIELA se lyf in te spring!” sê Shaleen.  “Jy weet … dis mos darem my rol daai.  Toe Frans (Swart – die regisseur) my skakel om te vra of ek vir hom FIELA sal speel, het ek onmiddellik JA gesê, want dit was werklik hoog tyd dat ek weer vir FIELA verhoog toe bring.  Toe ek weer daardie kopdoek opsit, toe weet ek FIELA was nooit weg nie. En man, ons het wonderlike tye op die verhoog, want ek deel die verhoog met die grootste talent in die land!”

Die res van die rolverderling bestaan uit:

  • Jong Benjamin/Lukas – Vian Singleton
  • Volwasse Benjamin/Lukas – Phillru van Achterbergh
  • Jong Nina – Jaime du Toit
  • Volwasse Nina – Marissa Claasen
  • Elias van Rooyen (Bosman) – Paul Lückhoff
  • Barta van Rooyen (Bosvrou) – Edrien Erasmus
  • Selling Komoetie – Johny Klein
  • Die sensusmanne – Dirk Vermeulen en Nardus van der Vyver
  • Willem van Rooyen – Divan Prinsloo
  • Tollie Komoetie – Graigan Swartz
  • Emma Komoetie – Marilise van Wyk

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments