Woensdag , Oktober 16 2019
Home / Afrikaanse flieks en Teater / Fiela se kind lokprent hier!

Fiela se kind lokprent hier!

Die lokprent is vrygestel vir FIELA SE KIND, die filmaanpassing van die topverkoper-roman deur Dalene Matthee, en kan van vandag af aanlyn en in rolprentteaters gesien word. Die film, ’n aanbieding deur The Film Factory en Nostalgia Productions in samewerking met kykNET Films en die DTI, sal landswyd vanaf 13 September 2019 in rolprentteaters te sien wees.

Die roman is in 1985 uitgereik en speel af in Suidelike Afrika in die 1880’s. Dit vertel die verhaal van FIELA KOMOETIE, ’n hardwerkende bruin vrou wat in die verdorde Karoo woon en ’n verlore wit kind inneem en hom grootmaak as haar eie. Nege jaar later, word BENJAMIN uit haar sorg verwyder en word hy geforseer om in die Knysna Bos te gaan leef saam ’n gesin van houtkappers wat beweer hy behoort aan hulle. Afgesonder van die gereg en deur geografie, bring FIELA en BENJAMIN die volgende dekade deur om mekaar te probeer vind terwyl hulle ook hulle individuele identiteite aanvaar.

Die rolverdeling bestaan uit Zenobia Kloppers as ‘Fiela Komoetie’, Wayne Smith as ‘Benjamin SNR’, Luca Bornman as ‘Benjamin JNR’, Wayne van Rooyen as ‘Selling Komoetie’, Drikus Volschenk as ‘Elias van Rooyen’, Cindy Swanepoel as ‘Barta van Rooyen’, Chiara Roodt as ‘Nina JNR’, Melissa Willering as ‘Nina SNR’, Stefan Erasmus as ‘Tollie Komoetie SNR’, Andre Stoltz as ‘Lange’ en vele meer.

Brett Michael Innes (Sink, Die Verhaal Van Racheltjie De Beer) het die film geskryf en die regie behartig, die film is geskiet in die Knysna Bos en die Karoo met kinematografie deur Tom Marais (Ballade Vir ‘N Enkeling, Hunter Killer). Vervaardig deur Danie Bester van The Film Factory en Brett Michael Innes van Nostalgia Productions, word die film uitgereik deur Filmfinity (Edms) Bpk en draai dit landswyd in rolprentteaters op 13 September 2019.

Facebook

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Deel XV van die WAT is beskikbaar en die Aanlyn WAT is bygewerk en verbeter

Deel XV strek alfabeties van SKOOL tot by SRI LANKAANS en op ‘n enkele bladsy …

Inskrywings open binnekort vir Maak My Famous 2!

Die werklikheids-TV-program Maak My Famous het kykers vroeër vanjaar met ongelooflike talent van dwarsoor Suid-Afrika …