Saterdag , Februarie 29 2020
warmmusic.net

FAK sal kan doen met ’n MILJOEN vir Afrikaans!

Die FAK se Afrikaanse Liedjietuin by die Voortrekkermonument in Pretoria sal ’n nuwe tuiste aan die gedenksteen van Lucas Maree by Victoriabaai in die Suid-Kaap bied.

Die gedenksteen met ’n foto van Maree en die woorde van sy trefferliedjie, “Victoriabaai”, is by die kusdorpie opgerig nadat hy in 2011 aan kanker dood is. Sy as is ook by Victoriabaai gestrooi. Mense het sedert verlede jaar begin kla oor gedenkstene en -stene vir geliefdes wat daar opgerig is. Die FAK het daarom ingegryp om hierdie Afrikaanse erfenis te bewaar.

Maree is op 18 Februarie 2011 oorlede. Die FAK beplan om die gedenksteen dan vanjaar op 18 Februarie 2020 in die Afrikaanse liedjietuin te onthul.

Wees een in ’n miljoen en help die FAK om ander Afrikaanse erfenisse te bewaar en nuwe monumente te bou. Voeg jou naam by en ondersteun ons om ’n nalatenskap vir Afrikaanse kunstenaars te verseker.

SMS MILJOEN en JOU NAAM na 45730 (R1,50)

of

Sluit aan as ‘n FAK-vriend
KLIK HIER

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Nog ’n komiese musiekvideo vir Robbie Wessels!

Enkele weke nadat Robbie Wessels se musiekvideo vir sy enkelsnit, Khoi and Son, vroeg in …

Corne Louw vier sy beter helfte in nuwe enkelsnit!

“Die liedjie gaan oor iemand wat op breekpunt is. Dan kom daar ’n persoon in …