Esti en Victory5 presteer by vanjaar se SABC Crown Gospel Music Awards

298



Op 15 November was die 8ste SABC Crown Gospel Musiek Toekennings gehou by die ICC Arena in Durban, en XrossBeat Media se kunstenaars het beslis hul merk gemaak by die geleentheid.

Beide Esti, asook Victory5, was benoem vir toekennings die jaar.  Esti se nuutste CD, ‘Lewe Nou’, was genomineer vir die Beste Afrikaanse Album, terwyl Victory5 se debuut album ‘Ek Weet Wie Ek Is’ benoem was vir die Beste Afrikaanse Album, asook vir die Beste POP Album.04

Esti se vorige album ‘Breek Die Ruite’ was voorheen benoem vir ‘n Crown toekenning, maar het hom ongelukig daai jaar nie gewen nie.  Maar die jaar was dit anders, en het sy die Beste Afrikaanse Album toekenning in gepalm met haar jongste vrystelling.

Victory5 het soos genoem 2 benoemings ontvang vir hul debuut album ‘Ek Weet Wie Ek Is’, en moes die knie buig vir Esti in die Beste Afrikaanse Album kategorie, en kon ongelukig ook nie die Beste POP Album kategorie wen nie.  Maar die aand was beslis nie vir dié 4 tieners verlore nie, aangesien hulle gevra was om by die toekennings aand op te tree voor ‘n vol gepakte ICC Arena.

“Dié ervaring was vir Victory5 baie onwerklik,” het Eon de Bruin, hul plate maatskappy en bestuurder gesê.  “Die ICC Arena is waar sangers soos Michael Bublé, Josh Groban, Roxette, Smokie, Enrique Iglesias, Michael W Smith, en van die grootste name in die bedryf al opgetree het, en hier kom dié 4 tieners, en betower ‘n stamp volle arena met hul energieke musiek en styl.  Dis ‘n oomblik wat daai 4 kinders vir altyd by hul sal dra.”

Dit is ook baie goed om te sien hoe goed Victory5 presteer.  Hul debuut album “Ek Weet Wie Ek Is” het 2 Crown benoemings ontvang, en die titelsnit van die album se musiek video was ook vir 81 weke op Kruiskyk se musiek program, IMPAK, se Top10 ranglys.  Hul 2de album word Maart 2016 vrygestel, en daar word verwag om op die sukses voort te bou.

Hier is ‘n voorsmakie van een van hul nuwe liedjies wat op die nuwe album sal verskyn.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments