Woensdag , Augustus 15 2018
Home / Books / Eseltjierus se grootste boekfees help donkies in nood
David Kramer and friends

Eseltjierus se grootste boekfees help donkies in nood

Winskoopjagters en boekwurms kan weer na hartelus kom snuffel by die 12de jaarlikse Boekefees in McGregor.  Of jy nou na kookboeke, reisverhale, kinderboeke, digbundels of ’n rare en kosbare kleinood soek, jy behoort dit tussen die duisende nuwe en kraakvars tweedehandse boeke te vind.  Nuwe voorraad word elke dag uitgepak. Nie net word meer as 15 000 boeke van ‘n groot verskeidenheid onderwerpe teen winskooppryse aangebied nie, maar elke boek wat verkoop word help met die versorging en rehabilitasie van donkies wat uit haglike toestande gered word en by Eseltjiesrus Donkey Sanctuary gehuisves word.

Eseltjiesrus is ’n permanente tuiste vir bejaarde, verwaarloosde en mishandelde donkies net buite McGregor.  Hier word hulle die geleentheid gegee om die res van hul lewens tussen hul eie soort deur te bring waar hulle met respek en waardigheid hanteer word.  Elke donkie word elke dag individueel versorg en gevoed na gelang van hulle ouderdom en behoeftes.

Eseltjiesrus het ook ’n bron van inligting geword en hanteer daagliks navrae van oor die hele land oor goeie versorging.  Die meeste probleme ontstaan as gevolg van onkunde of die wangeloof dat donkies nie gereelde hantering en versorging nodig het nie.  Hierdie hulp maak ’n beduidende verskil om die status van donkies in die algemene publiek se oë te verbeter.  Elke individuele donkie wat gehelp word, is een minder wat pyn, ongemak of angs hoef te verduur.

Die sukses van hierdie jaar se Boekefees in McGregor gaan dus weer ‘n onontbeerlike rol speel in die komende jaar se werksaamhede by Eseltjiesrus. Die gemeenskap baat ook op verskeie maniere.  Werk word geskep, boeke word geskenk aan skole en biblioteke in die groter Langebergarea en dié jaar is daar ook ‘n Storievertel- en Leesteater vir kinders.   Vrywilligers gaan daagliks vir kinders stories vertel en by die Boekefees.  Die boeke word dan aan die Breede Vaardigheidsentrum geskenk, sodat die kinders in die weke daarna verder kan gaan luister.  Hierdie projek wil ’n kultuur van lees by kinders kweek, want niemand behoort vreugde van boeklees misgun te word nie.

Daar is stapels Afrikaanse boeke, rare boeke en spesiale geskenke vir ’n ieder en elk.  Bederf jouself en kom kuier die naweek van 18 – 20 Mei in McGregor en vul jou voorraad lekker leesstof aan vir die winter wat voorlê.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Afrikaans.com has some exciting news to share. The website is now also available to second and third language speakers … in English!

Afrikaans is an expressive, home-grown language. It is dynamic and here to stay. The language …

Gedigte in McGregor naweek: Hartsgebonde

Alle paaie lei binnekort weer na die mooie plattelandse dorpie McGregor, vir alle liefhebbers van …