Woensdag , Junie 19 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Early B en Jack Parow hou van potte in nuwe musiekvideo!

Early B en Jack Parow hou van potte in nuwe musiekvideo!

POTTE, die gewilde en bekroonde kletsrymer van Port Elizabeth, Early B, se nuutste humoristiese treffer – in samewerking met die multi-bekroonde kletsrymlegende Jack Parow en vervaardiger Justin Vega – het reeds groot opslae gemaak in musiekkringe… en nou is hierdie trio terug met ’n prettige, tong-in-die-kies musiekvideo om die sukses van die liedjie en die vakansieseisoen te vier.

Die video, wat deur regisseur Gerhard van Rooyen in die Kaap verfilm is, is basies ’n visuele uitbeelding van dit waaroor die musikante in die video sing. “Ek, Jack Parow en Justin Vega is die hoofkarakters in die video. Basies is die idee om die PE-spreekwoord ‘POTTE’ en die betekenis daarvan (dame met ’n mooi lyf) aan die publiek bekend te stel. Die boodskap is ook hard en duidelik dat my en Jack se karakters van POTTE hou,” vertel Early B oor die idee agter die video. “Natuurlik het daar ook ’n paar oulike modelle by ons aangesluit vir die video en het Gerhard ’n paar veranderinge gemaak om my aanvanklike idee mooi te laat lyk op die skerm. Dit was ’n lekker spanpoging.”

“Dis eintlik net ’n liedjie vol pret. Ek hou daarvan om mense te na te maak en in PE, wanneer ouens ’n dame sien wat lekker gebou is, sê hulle dit presies soos wat ek dit in die koor sing: ‘Daai kind het potte, whuh’. Dis al so ’n gewilde spreekwoord in die area, dat selfs die kinders dit gebruik,” vertel Early B. “Ek wou net iets lig doen op die awesome ritme wat Justin geskep het. Almal het so ’n bietjie nodig om los te ruk, te dans en te lag. Daar is baie ernstige snitte op my album en dit was nodig om ligter liedjies ook in te bring om die balans te herstel,” voeg hy by. 

Early B, oftewel Earl Swartz, is bekend vir sy spitsvondige lirieke en humoristiese musiekstaaltjies. Die kunstenaar (29) het, oor die afgelope nege jaar, ’n gereelde gesig geword by van die land se grootste feeste en konserte, soos die KKNK. As akteur, het hy ook al verskyning gemaak in plaaslik-vervaardige televiereekse soos Hotel Songololo en Kniediep in Kookwater. Hy is veral bekend vir sy treffer,Bene Lam, wat nie net aan hom ’n Ghoema-toekenning besorg het vir Beste Hip-Hop-liedjie in 2017 nie, maar ook verskeie weke bo-aan die kletsrymtreffersparades van groot radiostasies gepronk het. Sy mees onlangse suksesverhaal, Ben Ten, het nie net bo-aan die treffersparades van groot radiostasies gekuier nie, maar die skreeusnaakse musiekvideo is ook reeds deur sowat 500 000 aanhangers op YouTube gekyk.

Jack Parow, oftewel Zander Tyler, het bekendheid verwerf vir sy liedjie Cooler as Ekke wat in 2009 uitgereik is en onmiddellik opslae gemaak het. Verskeie suksesvolle albums, musiektoekennings en treffers, asook ’n brandewynhandelsmerk (Parow Brandy) later, is sy loopbaan steeds besig om te groei en is hy heel in sy noppies om deel te wees van hierdie projek.

Justin Vega is ’n bekende platejoggie en musiekvervaardiger van die Kaap, wat sy passie uitleef deur unieke ritmes bymekaar te bring en musiek met ’n vars aanslag te benader. Hy is ’n gesoute musikant, wat net so vaardig is agter die dromme en klavier as agter die klankbord, en het ’n groot voorliefde vir Jazz.

VOLG EARLY B OP

Facebook

Twitter: @earlyb_music

Instagram: @earlybmusic

Webblad

YouTube

Reverbnation

VOLG JACK PAROW OP

Twitter: @JackParow

Instagram: @jackparow

Webblad

VOLG JUSTIN VEGA OP

Facebook

Instagram: @iamjustinvega

SoundCloud

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Jauni M se debuut-album sal by almal aanklank vind!

Daar is min sangers wat veelsydig genoeg is om ’n impak te hê in verskeie …

Boerepompie deur RICUS NEL ft. SNOTKOP!

Ricus Nel het ‘n baie unieke talent om nuutskeppings en nostalgie tussen twee omslae te …