Home / Afrikaanse Musiek / DZL sing van liefde!

DZL sing van liefde!

Kort op die hakke van die suksesvolle bekendstelling van hulle eerste enkelsnit van die nuwe album, Realiteit, verras die manne van DZL met hul heel eerste liefdesliedjie. Waserig word Vrydag, 1 Junie 2018 op radiostasies regoor die land bekendgestel.

Dit is seker vreemd maar ons het nog nooit ‘n liefdesliedjie opgeneem of geskryf nie, maar na ‘n goeie lewe, vol liefde kan mens nie die kans laat verbygaan om daaroor te sing nie. Hulle sê mos altyd, love makes the world go around,’ vertel Wiaan Fourie.

Die boodskap van die liedjie is baie eenvoudig; die liefde is mooi.

Liefde is mooi maar dit is nie altyd maklik, duidelik of verstaanbaaar nie. Maar tog weet ons, sonder die liefde is ons niks, is ons flou en kan ons selfs nie staande bly nie. Dit maak ons ook soms met tye onredelik. Maar ‘n lewe met liefde is die toppunt van geluk en ons kies om met liefde te lewe,’ sê Andries Potgieter, die groep se stigterslid.

Waserig is geskryf deur Andries en Wiaan met die hulp van die jong sangeres, Kaylee, wat ook self tydens ‘n ander liedjie op die album sing.

Soms kan ‘n mens net beter skaaf aan ‘n liedjie wanneer jy woorde, emosie en melodie van mekaar af kan ‘bounce’. Waserig is beslis een van ons gunsteling liedjies op die album,’ vertel Andries.

DZL het in April hulle tweede album bekendgestel wat reeds baie goed in musiekwinkels en op digitale platforms doen. Die album bevat lekker-luister en dansmusiek wat ’n storie vertel. Waserig pas dan ook binne hierdie raamwerk in.

Nes die res van die album vertel Waserig ook ons stories van geluk, blydskap, twyfel en seer. Dit is iets waarmee die luisteraars kan assosieer want ons almal ken die ‘rollercoaster’ wat die liefde jou op kan sit,’sê Wiaan.

Waserig se musiekvideo is ook reeds verfilm en sal ook eersdaags bekendgestel word. Intussen werk die manne ook aan die vrystelling van ‘n Engelse liedjie op die album wat saam met die oud-kwaito legende, Mandoza, opgeneem is vir ‘n bewusmaking rondom renosterbewaring.

Ons is vreeslik opgewonde oor die projek en julle gaan nie meer lank hoef te wag om meer hieroor te hoor nie,’ verklap Andries.

VOLG HULLE AANLYN OP

Twitter: @DZL_Band

Facebook

Instagram: @dzl_band

Webblad

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Dawie de Jager beïndruk met treffende enkelsnit!

Dawie de Jager is beslis nie ’n onbekende gesig in die musiekbedryf nie. Hy het …

Nuwe musiekvideo vir DZL!

Die manne Andries Hendrik Pretorius en Wiaan Fourie van die groep DZL bederf met hul …