DZL se nuwe musiekvideo is hier!

288

Die groep DZL het binne ‘n kort bestek van tyd reeds ‘n impak op die musiekbedryf gemaak en die nuwe liedjie en musiekvideo ‘Een Kans’ is die vierdie snit vanaf die groep se debuutalbum wat in 2016 die lig gesien het. Hierdie album is ook nou vir ‘n Ghoema vir Beste Country Album benoem.

Al drie hulle vorige enkelsnitte het baie goed gevaar en was ook op trefferparades van radiostasies regoor die land. ‘Een Kans’ is uit die pen van Andries en Wiaan en is gefokus rondom die tema dat mens elke kans wat die lewe jou gun moet benut.

Hulle nuwe musiekvideo wat op 18 Maart eksklusief op Kyknet Nou se Jukebox bekendgestel is, is ook ‘n splinternuwe benadering met die gewilde ‘stills’ wat gebruik word. Die video sentreer rondom die feit dat albei Andries en Wiaan saam met ‘n spesifieke lewensmaat is maar dat hulle baie ongelukkig in die verhouding is. Hulle kry egter die kans om by die regte lewensmaat uit te kom wat natuurlik vir vreugde sorg.

‘Die lewe is te kort om te settle, jy moet jou een kans gebruik om seker te maak jy is of in die regte verhouding, op die regte lewenspad of dat jy die regte drome najaag,’ vertel Andries.

Musiekvideo:

Die twee manne weet waarvan hulle praat want die lewe is vir hulle ‘n wedloop om hulle vele doelwitte te bereik. Nie net toer hulle reg deur die land met optredes nie; hulle is ook baie aktief in die modebedryf en het al aan onder andere New York Fashion Week, Ghana Mercedes Benz Fashion Week, Windhoek Fashion Week, SA Menswear Week, Durban Fashion Fair, SA Fashion Week en vele meer deel geneem. Andries is verlede jaar as Cosmopolitan se Mooiste Man vir 2016 aangekondig.

Hulle word ook geken as die ‘Renostermanne’ na na aanleiding van die goeie werk wat hulle saam met Rhino Connect en die Limpopo Rhino Security Group doen om renosterstropery binne die privaatbedryf te voorkom. Die twee spog ook met hulle eie renoster naamgenoot, klein DZLtjie, wat al ‘n goeie 9maande oud is.

Die twee bedrywige manne is opgewonde om hulle sang, talent en passie vir die musiekbedryf met gehore te deel!

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments