DZL se nuwe musiek video is hier!

557

Hulle nuwe album is vars van die drukkers af en oppad na musiekwinkels regoor die land en nou bederf die sexy duo – DZL – gehore met ‘n nuwe musiekvideo!

Die musiekvideo vir hulle nuutste enkelsnit, Vind Jou Pad, is deur ervare vervaardiger, Paulo Areal, geskiet wat ook verantwoordelik was vir wenner films soos onder andere, Spook van Uniondale.

Die video sorg vir hope vermaak en is gebasseer op die gewilde internasionale film, Wild Hogs, waar die ‘good guys’ hulle vasloop teen ‘n groep ‘bikers’. Deur ‘n bietjie vernuf aan die dag te le word die ‘bikers’ uitoorle en DZL stap weg met die loure.

Bekende gesigte buitend die van die DZL-groep is ook in die video te sien en sluit in veteraan akteur van ‘Blood Diamond’ faam, Johhny Pienaar, en bekende model, Nikki du Plessis.

Na die sukses van sy Rooiwarm FAK treffers en Basta, is Andries Hendrik Potgieter terug met ‘n nuwe klank wat gehore regoor Suid-Afrika se voete gaan laat juk.

Saam met die talentvolle nuweling, Wiaan Fourie, bring die twee sangers van die groep ‘DZL’ ‘n nuwe Pop-Rock-Country klank wat sal aanklank vind by jonk en oud.

Hulle eerste enkelsnit, Langpad, het nommer 1 geslaan op vele radiostasies se Top 20 trefferparade en die nuwe enkelsnit, Vind Jou Pad, is klaar besig om aandag te trek.

Die twee sangers het onlangs kragte saamgesnoer en hulle lewendige, saamsing optredes het reeds goed aftrek gekry by gehore regoor die land.

Andries Hendrik het al diep spore in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf getrap en spog met opnames saam met van die land se grootste kunstenaars soos Grammy-bekroonde, Soweto Gospel Choir en Steve Hofmeyr. Sy stem is ook op internasionale verhoe gehoor waar hy gehore in Disneyland, New York, Atlanta en Namibie vermaak het. Sy duet met Namibiese sangeres, Lize Ehlers, is in 2014 vir ‘n Namibiese Musiektoekenning benoem. ‘Woestynroos’ het nommer een posissie op vele Namibiese radiostasies se ranglyste beklee.

Nie net beskik Andries Hendrik en Wiaan oor ‘n unieke sangtalent nie, hulle altwee is ook baie aktief in die modelbedryf betrokke en het al aan onder andere New York Fashion Week, Ghana Mercedes Benz Fashion Week, SA Menswear Week, Durban Fashion Fair, SA Fashion Week en vele meer deelgeneem. Andries is ook pas aangekondig as Cosmopolitan se Sexieste Man vir 2016.

Wiaan Fourie het al van kleins af ‘n passie om te sing en ‘n loopbaan daarvan te maak. Wiaan skryf ook sy eie liedjies en werk hard aan nuwe klanke waarmee hy en Andries Hendrik die gehore vermaak.

Die twee bedrywige manne is opgewonde om hulle sang, talent en passie vir die musiekbedryf met gehore te deel!

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments