Donderdag , Oktober 17 2019
Home / Food & Wine / Dr Kirstie McCallum – ‘n Vrou wat weet hoe om whisky te maak!

Dr Kirstie McCallum – ‘n Vrou wat weet hoe om whisky te maak!

Dr Kirstie McCallum (41) van Glasgow was een van die eerste vroue wat ’n whiskymaker geword het, ’n loopbaan waarin sy per toeval beland het! Sy is nie net ’n gekwalifiseerde analitiese chemikus nie, maar ook die reisende globale ambassadeur vir verskeie bekroonde Skotse whiskies, van die uitsonderlike enkelmoute soos Bunnahabhain, Tobermory en Ledaig tot die versnitwhiskyhandelsmerke Black Bottle en Scottish Leader.Dr Kirstie McCallum LR 1

Toe sy haar doktorsgraad aan die einde van 1999 aan die Glasgow Caledonian University verwerf het, het sy aanvanklik beplan om by die farmaseutiese bedryf betrokke te raak. Toe sy egter ’n korttermynkontrak by ’n graanwhiskydistilleerdery aangebied is, het sy bloot deur ʼn sameloop van omstandighede haar ideale beroep gevind.

Sy het verlief geraak op Skotse whisky en al sy tradisies en geskiedenis, en haar vakmanskap by Port Dundas Distillery in Glasgow begin. Hier het sy in die laboratorium gewerk as lid van die tegniese span. Dit was hier waar sy blootgestel is aan die sensoriese evaluering van spiritualieë. En dit was ook nie lank nie toe brei sy haar kennis uit met ’n skuif na Chivas Brothers waar sy na whisky en rum omgesien het, van versnyding tot gehaltebeheer by die maatskappy se aanleg in Dalmuir (Glasgow).

Sy is binne ’n jaar bevorder tot ontwikkelingschemikus en laboratoriumbestuurder, ʼn bevordering wat haar na die hart van Skotland se Speyside-streek geneem het. Dit was ’n ideale posisie om haar kennis van en vertroudheid met moutwhiskies uit te brei.

Toe was dit terug om vir twee jaar oor die hele spektrum van spiritualieë heen te werk, maar hierdie keer as ’n wetenskaplike vir Allied Distillers.

Sy het in 2007 by Burn Stewart Distillers, nou deel van die Distell-groep, as versnyer aangesluit. Sy is een van slegs ’n handvol vroulike versnyers in die bedryf en beskou haarself baie bevoorreg om saam met die meesterdistilleerder, Ian MacMillan, te kon werk. Onder sy leiding het sy geleer om vate vir enkelmoute uit te soek, het sy betrokke geraak by die versorging na bestaande versnithandelsmerke. Sy het ook begin werk op nuwe versnitte, die uitbreiding van handelsmerke en beperkte toevoegings tot enkelmoutreekse.Bunnahabhain range of single malt whiskies (LR)

Met haar indrukwekkende vaardighede as whiskymaker het McCallum onlangs ’n ambassadeursrol aanvaar. Sy reis nou na vooraanstaande markte regoor die wêreld waar sy whiskyliefhebbers en mense in die handel oor die nuanse van Skotse whiskies opvoed deur gebruik te maak aan die hand van die omvattende portefeulje van Skotse whiskies van Distell as haar voorbeelde.

Om whisky met kos te paar, is ’n hoogtepunt vir haar. Een van haar gunstelinge is whisky en sjokolade, veral Bunnahabhain se 18-jaar-oud met truffels wat gegeur is met lemoen en naeltjies. ’n Ander is Bunnahabhain se 25-jaar-oue whisky gekombineer met toffieappelkaaskoek, braambos-compote, soutkaramelroomys en toffiesous.

Die resepte kom van die Skotse Michelinstersjef Geoffrey Smeddle. McCallum het onlangs met hom saamgewerk om ’n kenmerkende spyskaart te ontwikkel om die volledige reeks Bunnahabhain-enkelmoutwhiskies te komplementeer.

Die Besoek in Februarie vanjaar aan Suid-Afrika was haar eerste. Ander bestemmings sluit in Rusland, Swede, Finland, Denemarke en die VSA.

McCallum is ’n vurige motorsport-entoesias en is veral versot op tydrenne. Sy woon in Glasgow.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Ultimate Aim Sports Pavilion maak hierdie naweek deure oop!

Vandat die media en uitsoekgaste op 16 Mei kennis gemaak het met Jo Black en …

Jo Black en Albie Morkel stel die Ultimate Aim Sports Pavillion aan die media bekend!

Jo Black, Albie Morkel en vennote (Michael de Jongh, Wynand van Zyl en Bierman Smit) …

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.