Donderdag , Februarie 20 2020
warmmusic.net

Douvoordag sing oor geloof, vergifnis en aanvaarding in nuwe enkelsnit!

Die gewilde duo, Douvoordag (Jattie & Ilse de Beer), sing oor geloof, vergifnis en aanvaarding in hulle nuwe enkelsnit wat gedurende die week van 15 Oktober aan radiostasies landswyd uitgereik word. 

SKRAPNEL is ’n treffende kontemporêre snit, wat direk met die hart praat en jou aanmoedig om oor die lewe en geloof te dink. “Soms voel die avontuur van die lewe meer soos ’n oorlog. Die skrapnel van ongeloof, onvergifnis, bitterheid en blaam bly dan agter binne-in ons,” verduidelik die musikantpaar. “Al hoe ons heel gemaak kan word, is om te kniel, dit oor te gee, en te laat gaan. Dis in die oorgee en laat gaan wat die dorre woestyn in jou mettertyd ’n kleurvolle tuin word.”

Die enkelsnit vorm deel van hulle debuut-album, Die Avontuur, wat vir die paartjie ses Ghoema-benoemings, insluitend Nuweling van die JaarBeste Album deur ’n Groep/Duo en Beste Alternatiewe Album, besorg het en ook nou vir twee Aitsa Afrikaanse musiektoekennings in die Nuweling van die Jaar– en Kontemporêre Album van die Jaar-kategorieë gesorg het. Die album was ook vroeër die jaar vir ‘n SAMA toekenning benoem in die Beste Kontemporêre Album kategorie.

Ilse en Jattie maak al sedert 2008 saam musiek en hulle liedjies soos Desembers, Die Avontuur, Uitsig en Manifes kan gereeld oor radiostasies landswyd gehoor word. Albei kom uit musikale families en was al van jongs af deel van kore en ander musiekgroepe en -produksies.

SKRAPNEL is ’n inspirerende liedjie van hoop in ’n baie moeilike tyd in Suid-Afrika. Dit bou voort op die positiewe trant waarvoor Douvoordag bekendheid verwerf het en beloof om nog vir jare lank ’n gehoor-gunsteling te wees.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Instagram

Twitter

Webblad

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Aitsa- Bekroonde musikant voltooi laaste stukkie van legkaart met nuutste vrystelling!

Danny Smoke se geheimsinnigheid maak hom onweerstaanbaar vir sy aanhangers en met sy smeulende en …

Jezelle word eerste sangeres om te sing terwyl sy valskerm spring vir nuwe musiekvideo

Min was Jezelle bewus dat sy besig is om geskiednis te maak toe sy besluit …