Maandag , Februarie 18 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Douvoordag reik nuwe enkelsnit uit!

Douvoordag reik nuwe enkelsnit uit!

Op 5 Oktober 2018 het DOUVOORDAG (Ilse en Jattie de Beer) hul debuut-album, DIE AVONTUUR, uitgereik en het dié album byna onmiddellik die nommer een posisie op iTunes ingeneem!  Hulle eerste enkelsnit vanaf die album getiteld, MANIFES, is ongelooflik goed deur radiostasies landswyd ontvang en kan steeds gereeld op nasionale radio gehoor word terwyl die musiekvideo vir ‘n geruime tyd op die kykNET Top20 gepryk het.

Dié duo maak positiewe, hoopvolle en energieke musiek en het ‘n eie en unieke klank wat musiekliefhebbers gaande het.  Hulle tweede enkelsnit getiteld, DIE AVONTUUR, word nou, gedurende die laaste week van Januarie 2019 aan radiostasies landswyd uitgereik en die musiekvideo vir hierdie treffende lied sal gedurende Februarie 2019 bekendgestel word.

DIE AVONTUUR nooi luisteraars om op te hou wag vir ‘n beter lewe en die kanse te vat en dinge te doen waaroor jy nog altyd droom.  Om ja te sê vir die avontuur, is om ja te sê vir hoop en nee vir berou en vrees – om in jou oudag terug te kyk en te kan sê ek het gelewe.  So klim die berg, koop die vliegtuigkaartjie, vra haar om te trou, begin jou eie besigheid.  Die avontuur begin nou! sê Jattie.

SOSIALEMEDIA:

Facebook

Instagram

Twitter

Webblad

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Kerry Lee praat uit oor haar beter helfte met nuwe enkelsnit!

Na die suksesse van haar vorige album wat treffers soos ‘Shut up en soen my’ …

Burgerd Botha stel nuwe enkelsnit bekend!

Burgerd Botha het pas sy volgende enkelsnit, Vat My Huistoe vrygestel en beloof om luisteraars …