Thursday , October 22 2020
Cheap domain registration and hosting!

Dokumentêre video oor die maak van “Liefde. Love. Uthando.”

Bouwer Bosch verras al vir jare lank keer op keer met sy innoverende musiek-styl. Met “Liefde Love Uthando”, maak hy nog verder deure oop met `n liedjie in Afrikaans, Engels en Zulu wat spreek tot sy passie vir samehorigheid en Ubuntu. Bouwer span kragte met die talentvolle sangers Gazelle en Freddy L wat beide hul eie verse vir die liedjie geskryf het. “Daar is `n besonderse sinergie in diversiteit, beide in die natuur en in die samelewing” sê Gazelle. “Hierdie liedjie herinner dat ons almal deel van `n groot geheel is.”

Die musiekvideo van die liedjie sluit danstonele van `n Pantsula groep, ’n Volkspele groep, asook `n Xhosa danser in. Bouwer wou met die video wys hoe baie ons as Suid Afrikaners in gemeen het. Hy sê: “ons is almal trots op ons tradisies en kulture. Alhoewel dit so verskillend is, wys die lied dat die woorde in ons harte dieselfde is – en ons is daardeur eintlik  onlosmaaklik aan mekaar verbind.”

Freddy L wat harte gewen het in die tweede reeks van The Voice SA, sê dat die proses om die liedjie te skep vir hom insiggewend was. Hy sê: “Ons het ons verse apart geskryf maar oor dieselfde ding: ons liefde vir ons land en ek hoop dat almal daarby sal aanklank vind.”

Bosch vertel meer oor die maak van die dokumentêre video: “In ’n maand soos hierdie met al die verskillende gesprekke en diskoers op die tafel moet ons bietjie stilstaan en oor ons erfenis nadink.  Ons is nie net Afrikaners, Zulu’s, Tswana’s etc etc nie, ons is ook Suid Afrikaners, en ons is besig om saam te skryf aan ’n nuwe hoofstuk vir die volgende generasie.  Die dokumentêr se doel is om betekenis te gee aan wat ons doen as dansers, skrywers, musikant en landsburgers.  Ons deel stories oor hoekom ons lief is vir die kunste, die verantwoordelikheid wat saam met dit kom en die eenheid wat die kunste kan skep in ’n uitdagende land soos Suid Afrika. Dit is maklik om mense teen mekaar op te vryf, maar die doel van hierdie lied en musiekvideo is juis om te wys dat daar hoop en versoening in die erkenning van mekaar se identiteite kan wees.”

Die oorspronklike idee van die musiekvideo was vir eers net om ’n kort gedeelte van elkeen se verhaal te deel maar soos ons begin het met die vra het Gazelle voorgestel ons gesels bietjie langer met almal en kry bietjie meer konteks.  Die dokumentêr het amper per ongeluk gebeur omdat ons op die dag van die shoot besluit het om meer vrae te vra en almal meer geleentheid te gee om hul stories te vertel.”

Die lied is geskryf en vervaardig deur Bouwer Bosch.
Lirieke – Bouwer Bosch, Gazelle, Freddy L.
Finale meng deur Peach van Pletzen.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Breeknuus: Daai deng tref die aarde!!

Is it on? Welkom by die vandag se nuus. My naam is Refentse Cruywagen. Ons …

Resensie: Jan Blohm se nuwe album – Jenny

Kunstenaar: Jan Blohm Album: Jenny Resensie: 10/10 Die eerste keer toe ek van Jan Blohm …