Friday , February 26 2021

Doep se musiek op die 2de oppiwater kunstefees

Een van die top produksies wat vanjaar op die tweede OPPIWATER KUNSTEFEES van 9-13 Maart gesien kan word, is Jannie du Toit se DOEP IS NIE DOOD NIE. Hierdie produksie word saam met 20 ander top Afrikaanse produksies aangebied op die luukse MSC Opera.Frans Swart en Amore Bekker

DOEP IS NIE DOOD NIE is ’n besondere produksie met teks- en musiekgrepe oor die lewensbeskouing en werk van Koos du Plessis. Koos is in Januarie 1984 op jeugdige leeftyd oorlede, maar sy nalatenskap bly ’n bron van wysheid en onsterflike musiek. Dertig jaar na sy afsterwe word dit in hierdie verhoogproduksie duidelik hoe lewend en relevant sy siening van die lewe steeds bly, hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef. Hy verwesenlik ook ’n jarelange droom om ’n produksie oor Koos se werk aan te bied. Die samesteller en regisseur, Carl Theunissen, was as joernalis ’n jarelange vriend en kollega van Koos Doep.

Jannie het sy eerste opname van een van Koos se liedjies, SKIMME, vir sy album ’N LIEDJIE VIR JOU in 1981 gemaak – ’n jaar nadat hy Koos ontmoet het. Hy was in 1987 deel van die KOOS SE PLAAT-huldigingsprojek saam met Lucas Maree, Coenie de Villiers en Nick Taylor en het daarna telkens weer projekte aangepak waarin Koos se musiek bekend gestel is. Saam met Lucas het Jannie in 1987 Koos se GEBED laat hoor en hy skryf daarna in oorleg met Koos se gesin ’n laaste strofe vir SOMERKERSFEES. Jannie stel dié lied in 1992 op ’n album bekend en dit is nou die mees gesogte oorspronklike Afrikaanse kersliedjie. Saam met Christa Steyn en andere bied hy ook aan: SKADU’S TEEN DIE MUUR (1992 – dié produksie word ook in België en Nederland aangebied), NAGKANTOOR (2004) en DAGBOEK VAN ’N SWERWER (2007).Doep is nie dood nie  Jannie Susan Coenraad 1

In DOEP IS NIE DOOD NIE is nie net die liedjies nie, maar ook elke sinsnede wat op die verhoog gesê word Koos se eie. Aanhalings uit ander liedere, gedigte en selfs ’n kortverhaal wat Koos self een aand vir Jannie oorvertel het word gebruik. Deur sy groot verskeidenheid tekste wat mekaar oor-en-weer toelig, kry gehore ’n dieper insig in Koos se verstommende oeuvre. Die produksie is ’n herwaardering van sy werk en stel ook van sy minder bekende materiaal bekend. Die musiekregie en verwerkings is deur Clinton Zerf met Susan Mouton op Tjello en Coenraad Rall op klavier.

RSG en LEFRA PRODUKSIES se tweede OPPIWATER KUNSTEFEES op die MSC OPERA word van 9-13 Maart 2015 aangebied. Die eerste OPPIWATER KUNSTEFEES was binne ses dae uitverkoop en is ‘n besondere en unieke kunstefees deurdat al die produksies in die venues van die luukse MSC Opera aangebied word. Inderdaad ‘n Kunstefees op die water! Besprekings vir die OPPIWATER KUNSTEFEES kan gedoen word by www.oppiwater.co.za of by 087 075 0889. Dit is belangrik om te noem dat besprekings vir die RSG/LEFRA OPPIWATER KUNSTEFEES is.MSC Opera 2

Frans Swart, Uitvoerende Hoof van Lefra Produksies sê dat die OPPIWATER KUNSTEFEES reeds verlede jaar bewys het dat dit ‘n wegholsukses is. “Die konsep is uniek, want waar in die wêreld gaan mens ‘n Kunstefees op ‘n luukse boot sien met al die wonderlike etes en cocktails? Ook met ‘n besoek aan die Portugese en Inhaca Eilande?” Swart sê daar is ‘n rekord aantal produksie wat saam gaan in 2015. “Dit is vir ons baie belangrik dat hierdie ‘n kunstefees bly. Ons gaan 20 verskillende produksies aanbied met 30 opvoerrings wat wissel van drama, komedie, kabaret, mimiek en selfs ‘n drama wat deur RSG opgeneem gaan word.” Magdaleen Kruger, Stasiebestuurder van RSG sê die OPPIWATER KUNSTEFEES is beslis uniek. “Na die eerste OPPIWATER is ons oorval met mense wat nie plek kon kry nie. Juis as gevolg van die oorweldigende sukses van die eerste een, het ons besluit om dit ‘n jaarlikse instelling te maak. Die kwaliteit van die vermaak is beslis van hoogstaande gehalte en ons sien uit na OPPIWATER 2.” Omroepers, Lynette Francis, Ettienne Ludick en Kobus Burger is die gasvrou en gashere en vaar ook saam.Chris-Chameleon-posduif

Die Oppiwater Kunstefees spog volgende jaar met van die beste produksies:
· Heerlike wegvaartpartytjie met Ettienne Ludick, Lynette Francis, Frans Swart, Jakkie Louw en Pieter Smith.
· Shirley Valentine met Shaleen Surtie-Richards
· Walk the Line – ‘n huldeblyk aan Johnny Cash met Pieter Erasmus
· Ko! Huistoe met Shimmy Isaacs
· Mime la France met John Jacobs
· Die Cordon Broers Hou Kôssert met Lochner de Kock en Jannie du Toit
· RSG Radiodrama met Kobus Burger as regisseur.
· Griekwapsalms en Liedjies van die Liefde met Randall Wicomb
· Oom Schalk Lourens se Mampoerstories met Paul Lückhoff
· Van Haas Das tot Stukkie van der Merwe met Pieter Smith
· The Story of BOO! met Chris Chameleon
· Stille Water, Diepe Grond met Lynette Francis
· Skot vs Isaacs met Pietman die Skot en Shimmy Isaacs
· Doep is nie Dood nie met Jannie du Toit
· Pietman – die Skot
· Tropiese Ontploffing dekpartytjie met Ettienne Ludick, Lynette Francis, Frans Swart, Jakkie Louw en Pieter Smith.
· Musikant 101 met Jakkie Louw en Ettienne Ludick
· Lefra Produksies se nuwe Ray Cooney klug, MY BOETIE SE BOETIE SE BABA
· Posduif met Chris Chameleon en Daniella Deyssel
· Heerlike 60’s Disco Partytjie met Ettienne Ludick as DJ
· Vers en klank met Kobus Burger as regisseur.

Die besprekingssisteem het verander, deurdat passassiers nou vir produksies teen gesubsidieerde kaartjiepryse van R10-R50 kan bespreek. Nadat passassiers vir die OPPIWATER KUNSTEFEES bespreek het, kry hulle ‘n besprekingsnommer. Daardie besprekingsnommer word gebruik om kaartjies deur Computicket te bespreek by 0861 915 8000 of www.computicket.com

Die MSC Opera is die grootste en mees moderne skip wat nog in Suid-Afrikaanse waters gevaar het. Die 59 000 ton MSC Opera bied wonderlike fasiliteite op die skip aan. Daar is ‘n Putt-Putt Baan, Spa, Gimnasium, 2 swembaddens, Jacuzzis, 9 kroeë, 3 restaurante, sitkamers, die wonderlike teater, Teatro Dell’ Opera en Casino. Die MSC spog met 856 kajuite waarvan 172 kajuite en 28 suites hul eie privaat balkonne het.

Die reisprogram is as volg:
9 Maart 2015 – Vertrek uit Durban Hawe
10 Maart 2015 – Portugese Eiland/ Inhaca Eiland
11 Maart 2015 – Portugese Eiland/ Inhaca Eiland
12 Maart 2015 – Op see
13 Maart 2015 – Terug in Durban Hawe

Kostes vir die Oppiwater Kunstefees word as volg opgemaak:
· Kajuitkostes wat alle etes insluit wissel van R4 900 tot R11 080pp afhangende watter kategorie kajuit bespreek word en watter afslag in werking tree met bespreking
· Hawebelasting van R480pp
· Diensfooi van R180pp
· Vermaaklikheidsfooi van R550pp wat dan vir passassiers toegang gee tot die goedkoop gesubsidieerde teaterkaartjies.
· Versekering: R50pp
· Kostes mag wissel, maar elke passassier ontvang ‘n volledige kwotasie alvorens jy bespreek.

Vir meer inligting, skakel Lefra Produksies by (011) 815 3000 of epos aan admin@lefra.com Besprekings kan gedoen word by 087 075 0889 of by www.oppiwater.co.za

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

7 wen Beiteltjies-toekenning

Agt woordkunsskeppers en -fasiliteerders is gisteraand, 30 November 2020, deur die Afrikaanse Woordkunsakademie met die …

Neels is gereed om liefde te vind

Hy het ‘n groot liefde vir teater, branderblankry en gholf, maar daar is een liefde …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.