Dis nie ek nie, dis jy!

691

Is jy so pas afgesê en sit met ‘n sak verwerping op jou skoot? Vang jy soms jouself na 12 met ‘n mandjie kos in die bed? Het jy ‘n bottel van sy/haar spuitgoed gekoop om dit vir ‘oulaas’ te ruik? Dis nie ek nie, dis jy is ‘n motiveringskabaret wat die berge en dale van ‘n break-up besoek. Dis nie altyd maklik nie, en ons verstaan dit. Kom besoek ons vir ‘n uur van terapie. Ons belowe nie dat jou pyn verminder sal word nie, maar hopelik sal jou maagspiere versterk word. So los daai sakdoek, klim uit die Macdonalds ry uit en kom lag saam!

Dis nie ek nie, dis jy het ontstaan tydens ‘n lang, uitgerekte proses van omtrent 3 jaar na ‘n break-up. In daardie 3 jaar het ek deur ‘n see van emosies gestoei en het besef hoe snaaks dit eintlik is. Die feit dat jy vir jare oor iemand kan huil wat nog lewe, dat jy elke dag die break-up toneel in jou kop kan oorspeel en dink wat jy eintlik moes gesê het en dat jy dadelik naar is as jy hom onverwags raakloop, is eintlik absurd. Meeste mense ken verwerping en so het ek besluit om ‘n motiveringskabaret te skep waar ek mense wil herinner dat hulle vir hulself moet lief wees. Net omdat iemand jou nie wou ‘hê’ nie beteken nie dat jy onbegeerlik is nie. Ek doen ‘n klomp sketse, sing liedjies wat ek self geskryf het en begelei myself op die kitaar, ukulele en trekklavier.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments