Dis amper tyd vir Suidoosterfees!

115

Die 15de Suidoosterfees – met die tema Fantastiese 15 – skop oor twee dae in die hartjie van Kaapstad af! Teatergangers kan gereed maak vir gehalte drama- en musiekvermaak van 26 April tot 1 Mei by die Artscape-teatersentrum.

Musiekliefhebbers kan veral uitsien na Kaapse Khoi Jazz. Dit is ’n viering van gerekende komponiste van die bekendste Suid-Afrikaanse jazz deur die dekades. Dié produksie, onder leiding van bekwame pianis Camillo Lombard, bied jou ’n romantiese en nostalgiese reis deur tyd, ruimte en gevolg. Kom ervaar jazz-gunstelinge uitgevoer deur die heel beste jazz-meesters.

kykNET Hip Pops is ’n musiekproduksie waar alternatiewe vorms van musiek op ’n unieke wyse vermeng word. Kaapstad is lank reeds bekend vir haar sosiaal bewuste benadering tot hip-hop. Daar is die afgelope tyd ’n aantal jong kunstenaars wat ’n meer lighartige benadering tot lirieke en ritme volg. En nou, vir die heel eerste keer in die musiekgeskiedenis, word hierdie rymklets met klassieke musiek gekombineer. Hierdie is ’n eenmalige musiekkonsert, eie in sy soort en gaan Suid-Afrika aan die gons hê.

Teatergangers wat klassieke musiek verkies sal belangstel in ’n opwindende opvoering van Die Fledermaus van Johann Strauss (ii). Dirigent Johannes Slabbert en regisseur Raimondo van Staden span kragte saam om hierdie musikale meesterstuk op die planke te bring.

Verder sal twee van Suid-Afrika se mees gewilde kunstenaars – Stef Bos en Koos Kombuis – in hul tweemanvertoning, Stef en Koos: Suidoos, ook by vanjaar se fees te sien wees. Die twee beloof om met ’n reeks treffers en skreeusnaakse kwinkslae fantastiese vermaak te bied.

Suidoosterfees spog natuurlik ook met ’n hele reeks dramaproduksies wat gehore sal vermaak. Een van hierdie produksies is Rokkie. Dit vertel die emosionele verhaal van ’n trans-gender persoon van die Kaapse Vlaktes en haar reis na wie sy werklik is. Dit beloof om ’n verhaal te wees wat teatergangers vir lank sal bybly.

Suidoosterfees is ook trots om te kan noem dat Nataniël vir die eerste keer in jare by ’n kunstefees te sien sal wees! Hy deel die verhoog met agt briljante musikante, ’n jazz kwartet en ’n strykkwartet in sy produksie, Classic Nataniël. Gehore sal beslis skaterlag vir sy legendariese stories en staaltjies.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Advertensie