Dirty 30’s is hoe Dirk van der Westhuizen sy 30 jaar op hierdie aarde sover vier. Dit is egter nie net ‘n bekende spreekwoord vir hierdie jong Afrikaanse ster nie, dit gee ook betekenis aan die struikelblokke en seëvierings in sy lewe-en-loopbaan tot dus ver.
Dit is geen geheim dat Dirk al oor die jare slagoffer geval het van kuberboelies nie en dit is iets waarmee hy as publieke figuur moes reken – Hierdie opkomende album is sy manier om al die negatiewiteit agter te laat en almal te laat weet dat daar aan hom geen keer is nie.
Sy 30’s is maar net die begin van ‘n splinternuwe hoofstuk in sy lewe en sy musiek. Dirty 30’s is ook die eerste “instant gratification track” van sy album wat September hierdie jaar vrygestel word en ook nou beskikbaar is vir “pre-orders”.
Geniet die hoë-energie Dirk van der Westhuizen klank en styl met ‘n kraakvars boodskap van aanvaarding, hoop en net ‘n goeie tyd. Immers word jy nie 30 sonder ‘n paar “memories” van braaivleis, braaibroodjies en tequila nie.