Woensdag , Oktober 16 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Digters en hul songs – die lewe en sy dinge in digkuns en musiek vervat

Digters en hul songs – die lewe en sy dinge in digkuns en musiek vervat

Sommige skrywers en musikante kry dit reg om dit wat ‘n kop dink en dit wat ‘n hart voel in die fynste detail in woorde en musiek raak te vat.

“Digters en hul songs” is ‘n versameling van hierdie tipe werke – die soort wat jou amper onverhoeds betrap, jou aangryp en deurdring tot diep in jou binneste.Digters en hul songs 1

Dié album is ‘n skatkis… ‘n showcase wat van die beste Afrikaanse skryfkuns van vandag en gister in 20 uitgesoekte snitte ten toon stel.
Uiteenlopende style van skryf en musiekmaak – van rustige, akoestiese en klassieke ondertone, tot pop, rock en selfs meer alternatiewe geure – verenig in ‘n kleurryke versameling songs wat sing van lewe, geloof, liefde en alles tussenin.

Die stemme van kunstenaars soos Adam Tas, Anton Goosen, Robbie Wessels, Koos du Plessis, Jakkie Louw, Valiant Swart, Pierre Rossouw en Koos Kombuis smelt saam met klavier, kitaar, drom, bas, tjello en ander instrumente in ‘n kleurryke, diverse aanbieding. Dit is meesterlike vertolkings van lirieke wat beslis nie “sommer net” is nie, maar gedagtes en woorde wat oor tyd geskaaf is om presies te sê wat hulle moet.

Snitte op dié album sluit immergewilde gunstelinge, sowel as meer onlangse treffers in: “Kinders van die wind”, “Rede om te glo”, “Silver de Lange”, “Halley se komeet”, “So het ek jou ma ontmoet”, “Lisa se klavier”, “Was ek maar ‘n digter” en vele meer!

“Digters en hul songs” is ‘n merkwaardige versameling musiek – ‘n album wat ewe tuis sal wees in rustige alleenwees-oomblikke of by ‘n lekker kampvuur-kuier saam met hartsmense.

Die album is nou landswyd beskikbaar.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Douvoordag sing oor geloof, vergifnis en aanvaarding in nuwe enkelsnit!

Die gewilde duo, Douvoordag (Jattie & Ilse de Beer), sing oor geloof, vergifnis en aanvaarding in hulle …

Nuwe enkelsnit Die Heelal met Janie Bay en Early B pas uitgereik!

Die gewilde sangeres Janie Bay het pas haar tweede enkelsnit in 2019 uitgereik. “Die Heelal”, …