Niks kondig die wonder van die somer aan soos die maroela seisoen nie. Van Januarie tot Maart is die Afrika-lug gevul met die aromas van ryp wordende vrugte en die verwagting van daardie pikante soet en sappige ontploffing van geure. Elke goudgeel vrug wat uit ’n boom val, bied ’n sensuele smaak van die son, warmte en blydskap soos vasgevang in Amarula Cream en Amarula Gold.
Die inheemse bome wat regoor Afrika suid van die Sahara wild groei, word deur Suid-Afrikaanse wetgewing beskerm en mag nie afgekap word nie. Dis nie net hul gesogte vrugte wat tot drankoffer gebrou word vir die stamkonings, hoofmanne en voorvaders wat die bome beskerm nie, maar met die skadu wat hulle verskaf, is hulle ook ’n belangrike deel van die gemeenskapslewe en dikwels word troues onder hul blaresambreel gehou. Verder floreer buffelsgras onder die bome en verskaf waardevolle weiding vir die vee.
In Limpopo versamel vroue die ryp maroela vrugte wat van die bome val. Hulle word dan betaal vir die vrugte wat hulle by versamelpunte lewer. Slegs die geurige, ferm en vlesige vrugte sonder letsels word gebruik vir die maak van Amarula.
Besoek gerus die Amarula-lapa naby Phalaborwa waar jy die vrugte kan proe en oor die oes en Amarula kan leer. Vir meer inligting, besoek http://www.amarula.co.za/home#amarula-lapa.
Het jy geweet?
Maroela bome behoort aan die veselperske familie (Anacardiaceae) soos ook pistachio, kasjoe en wildegranaat.
Maroela bome is tweehuisig: manlike en vroulike blomme ontstaan op afsonderlike bome. Die vroulike bome dra die vrugte.
Die vroulike bome kan tot 10 000 maroela vrugte dra en elke somer van 250 tot 300kg lewer, hoewel vertel word van individuele bome wat van 500kg tot 2 ton vrugte lewer!
Die vrugte is ryker aan vitamine C as lemoene, van twee tot vier keer! Dit is ook ryk aan vitamine A, ’n ander immuunversterker.
Die vroue wat die vrugte versamel, weet presies wanneer om dit te doen. Wetenskaplikes het al hul versamelwerk ontleed en verstom gestaan oor hul ongelooflike tydsberekening. Die vroue sê dit kom van hul moeders en grootmoeders dophou (en natuurlik self proe in die skadu van die bome).
Niks van die vrugte of bome word vermors nie. Amarula word op die doppe gegis, maar in sommige gemeenskappe word die doppe gebruik as bemesting vir gesaaides.
Die bas word gebruik om medisyne te maak. Diegene wat op trou staan, drink ’n afkooksel van die bas in ’n reinigings ritueel voor die knoop deurgehak word.
Die binneste laag van die bas word gebruik om tou van te maak.
Die maroelapitte is ryk aan olie. Dié word in kos gebruik, in lampe vir beligting, as voedselpreserveermiddel en om die vel te voed. Onder sommige mense word die pitte deur waarsêers gebruik om die toekoms te voorspel.
Besoek www.amarula.com vir fantastiese resepte, geskenkidees en interessante feite oor Amarula.
Volg Amarula op Facebook (www.facebook.com/AmarulaSouthAfrica) en Twitter (www.twitter.com/amarula).
Gesels saam deur #MarulaLove te gebruik.